JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.

Ambassadeur Sentrum

Ambassadeur Sentrum (AS), wat in 2008 deur David C. Pack, President en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God (HKVG) gestig is, is verbind tot die ontwikkeling van die hele persoon. AS is toegewyd om mans en dames voor te berei vir betekenisvolle rolle in die Werk van God deur studente te onderrig met waardes wat tot ‘n suksevolle lewe lei.

Ambassadeur Sentrum (AS), verlang daarna om voortreflikheid te bereik met opvoedkunde, terwyl ‘n onderrig raamwerk voorsien word wat tot verdere karakter en persoonlikheidsontwikkeling mag lei.

Doelstelling

Die doel van Ambassador Sentrum is tweeledig van aard:

(1) Om ‘n mede-opvoedkundige leer-instelling te bied vir die opleiding van studente, insluitend toekomstige werknemers van die Herstelde Kerk van God se Hoofkwartier.

(2) Om ‘n toegewyde groep leraars vir die Herstelde Kerk van God daar te stel, volgens die hoogste geestelike, intelektuele en kulturele standaarde, ten einde diegene wie God na Sy Kerk roep te bedien, en vir die verkondiging en publiseering van die evangelie van die koninkryk van God as ‘n getuie aan alle nasies.

Ambassadeur Sentrum herken die noodsaaklikheid om studente nie alleen met kennis en ‘n in-diepte begrip van die Skrif en teologie toe te rus nie, maar ook in die Liberale kunste, wat ‘n afgeronde goed gebalanseerde opvoeding daarstel.

Steekproef van Klasse Aangebied

• Wêreld-Aardrykskunde

`n Opname van Wêreld-Aardrykskunde wat groot lande, riviere, oseane, en ander aadrykskundige kenmerke dek, sowel as hul effek op die wêreld. Studente leer strategiese landmerke en nasionale grense ken.

• Skeppingswetenskap

Studente word die basiese wette en teorieë geleer van moderne wetenskap, van waar dit sy oorsprong vind, tot en met die hede. Die Skepping word bewys deur die gebruik van wetenskaplike bewyse, teorieë en feite, terwyl evolusionêre teorie weerlê word.

• Musiekwaardering en Skone Kunste

`n Inleiding tot die skone kunste. Studente leer hoe historiese tydperke hul invloed afgestempel het op bekende skilderye, kuns en musiek. Dit help studente om hierdie werke te waardeer en nuwe lig en begrip te werp op moderne kultuur.

• Gesondheid en Welstand

Oorsig van gesondheid en welstand vir lewenswaardering. Bespreking van menslike fisiologie en funksionering van liggaamsfunksies. Dek basiese fiksheid en oefeninge, sowel as die beginsels om gesonde keuses te maak.

Addisionele klasse sluit die volgende in:

• Inleiding to Landboukunde en die Geskiedenis daarvan

• Kritiese Denke en Skryf

• Landbouboerdery

• Etiket en Protokol

• God se Regering

• Huishoudkunde

Ministeriële kandidate ontvang addisionele opleiding in pastorale sorg, berading en gevorderde religieuse studies.