JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.

Huttefees

Die Huttefees (of die “Fees”), soos dit beskryf word in Levitikus 23:33-35, is ‘n opdrag vir `n sewe-dag fees wat elke jaar in die najaar gehou word. God se mense sien met groot verwagting uit na hierdie mees spesiale tyd van die jaar en vergader by die pragtige plekke regoor die wêreld waar God verkies het om “Sy naam te plaas.” (Deut. 12:5). Gedurende hierdie Fees los broeders hulle daaglikse roetines agter en kom hulle bymekaar om in mekaar se teenwoordigheid te verkeer en hul voor die Here te verbly, in volkome vrede, harmonie en eenheid.

Wanneer God se mense hierdie fees hou repeteer hulle die tyd wanneer die mensdom in vrede in ‘n utopiese wêreld sal lewe, vry van die negatiewe invloed van Satan die duiwel. Die Fees is ‘n tyd om oor die opgestane heiliges se rol na te dink waar hulle Jesus Christus sal help om die wêreld-heersende regering te administreer wat gedurende hierdie ongeëwenaarde tydperk ingelui sal word.

Vir inligting oor hierdie jaarlikse fees, mag u verlang om God se Heilige Dae of Heiden Vakansiedae? te lees, asook les 28 van ons Bybel Inleidings Kursus, “Die Huttefees.”

2023 Feesplekke Rondom die Wêreld