JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.

'n Blik Binne Die Herstelde Kerk van God

Jesus Christus het ‘n kerk gebou wat ‘n wêreldwye Werk doen. Die Herstelde Kerk van God is verbind om duidelike begrip van feitlik elke Bybel lering gratis aan te bied, en groeiende miljoene met lewens-veranderende inligting, wat nêrens anders beskikbaar is nie, te voorsien.

Die Kerk se Wêreld-Hoofkwartier is in Wadsworth, Ohio, VSA, met gemeentes wat weekliks in meer as 65 lande en gebiede oor die wêreld ontmoet. Lees meer hieronder en voel vry om ons te kontak.

Die Herstelde Kerk van God, gelei deur Pastoor Generaal David C. Pack is deur Jesus Christus opdrag gegee om:

  1. Die goeie nuus van die koninkryk van God aan alle nasies te verkondig (Matt. 24:14) en die moderne nasies wat van Israel afgestam het, te waarsku van dreigende nasionale straf (Jes. 28:1-2; Esg. 33:1-19).
  2. God se kudde wat uit die wêreld in Sy Kerk in geroep is te voed (Joh. 21:15-17; I Pet. 5:1-2).

Klik op hierdie skakels vir ‘n blik op die omvang en vinnige toename in grootte van God se Werk:

  • The World to Come™ with David C. Pack: ‘n program wat miljoene wêreldwyd bereik, wat die oorsake agter die mensdom se grootste probleme—en die enigste oplossings, verduidelik.
  • The Real Truth: maandelikse vlagskip-tydskrif—voortsetting van The Plain Truth
  • Honderde gratis boeke, boekies, artikels, lesse en tydskrifte (ook in Duits, Engels, Spaans, Frans, Italiaans, Swahili, Hollands, Pools, Serwiër, en Tahitiaans)
  • Die Splinter Verduidelikingspakket: agt boeke, plus preke, vir almal met ‘n Worldwide Church of God agtergrond, wat die laat-20ste eeu afvalligheid verduidelik
  • Ambassadeur Sentrum: ‘n gevorderde twee-jaar instelling om toekomstige leraars en leiers op te lei
  • Huttefees konvensie-terreine oor die wêreld heen
  • The Pillar: twee-maandelikse tydskif vir lede
  • Ambassador Youth: twee-maandlikse tydskrif vir tieners
  • Ambassadeur Jeugkamp: word jaarliks vir die Kerk se tieners aangebied
  • Landbou Opleidings en Navorsingsgenootskap (LONG): LONG demonstreer gesonde agronomiese beginsels plaaslik en deur uitbreidingsprogramme regoor die wêreld en word deur die mees vooraanstaande bybelse landbou- en volhoubare boerdery deskundige gelei.
  • Ontwikkelende kampus: net minder as 100 akkers van pragtige gronde voorsien ‘n pragtige omgewing vir die Administrasie-saal, ‘n elegante 40,000 vierkante-voet gebou wat die Kerk se hoof administratiewe kantore en werksaamhede huisves; die Posverwerkingsentrum, wat die Kerk se pos en in-huis drukwerk behartig; en die Mediasentrum, ‘n multi-ateljee fasiliteit wat die heel nuutste tegnologie gebruik om The World to Come program en ander video-produksies te produseer.

Die Herstelde Kerk van God ondervind vinnige, wêreldwye groei! Ons lei voltydse leraars op en stel hul voortdurend aan, terwyl nuwe gemeentes gereeld gevorm word.

Kontak ons vir meer inligting.