JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.

Wie Is David C. Pack?

As Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, hou David C. Pack toesig oor die wêreld se mees omvangryke bybels gebasseerde webwerf. Hy het Ambassadeur Kollege bygewoon, die Worldwide Church of God se bediening in 1971 begin en was persoonlik deur Mnr. Armstrong opgelei. Hy het oor die 50 gemeentes gevestig, meer as 80 boeke en boekies geskryf, sowel as ‘n wye reeks artikels en het op The History Channel verskyn. As Publiseerder en Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif en The World to Come program, het hy talle miljoene om die aarde met die mees kragtigste Bybelse waarhede, onbekend aan byna almal bereik.

Mnr. Pack, gebore in 1948, het in die Amerikaanse Midweste, in Lima, Ohio grootgeword. Hy het grootliks op sport en kompeterende swem vir 14 jaar gefokus, en het in sy hoërskool jare alle-Amerikaanse honneurs bereik. Hy het ook begin om vir die 1968 Olimpiese Spele te oefen toe Mnr. Pack ‘n groot omdraai punt ervaar het, wat ‘n totale loopbaan–en lewensveranderde gebeurtenis geword het.

Hy het begin om na The World Tomorrow radio program, wat deur die Radio Church of God aangebied was (wat later na die Worldwide Church of God herbenoem is), te luister en het hy vir Herbert W. Armstrong die ware evangelie van die Bybel hoor aankondig—naamlik, die goeie nuus van die komende koninkryk van God.

Deur aanvaarding tot die Dartmouth Kollege sowel as ‘n aanstelling tot die Verenigde Sate se Vloot akademie en talle beurs aanbiedinge van die hand te wys, het Mnr. Pack Ambassadeur Kollege te Pasadena, Kalifornië, wêreld hoofkwartier van die Kerk gekies. Na hy gegradueer het in 1971, het hy met Shirley Ochs (wie in 2007 gesterf het) in die huwelik getree. Sy was ‘n gegradudeerde genoot van Ambassadeur Kollege en vorige persoonlike sekretaresse van Mnr. Armstrong. Mnr. Pack het hierna die bediening betreë. Hy het in Indiana, Illinois, Wisconcin, New York, New Jersey en Ohio gemeentes bedien en het oor ander leraars in ‘n wyer gebied toesig gehou en hul opgelei.

Deur as ‘n skrywer in die 1970s te begin, het Mnr. Pack se groot reeks boeke, boekies en artikels miljoene mense gehelp om soos nooit vantevore Bybelse waarhede te leer nie. Hy het die wêreld deurreis, duisende bedien en talle publieke Bybellesings gelei. Mnr. Pack het ook ‘n aantal leierskapsposisies beklee, wat hom ‘n wye bestek van ministeriële en administratiewe ondervinding besorg het.

Met Mnr. Armstrong se afsterwe in Januarie 1986, is die ware evangelie boodskap en feitlik elke lering wat uit hierdie mees sentrale waarheid vloei deur sy opvolgers verwerp. In eie oortuiging, het Mnr. Pack die Worldwide Church of God in 1993 verlaat, terwyl hy die weg vir duisende wie wou volg geleer het.

Vasberade om nie in sy geloof kompromieë aan te gaan nie, het Mnr. Pack die Herstelde Kerk van God in Mei 1999 begin. Die Herstelde Kerk van God is waarlik ‘n unieke organisasie, anders as enige ander op aarde. Onder sy leierskap, verkondig dit ‘n kragtige en positiewe boodskap, wat die grootste vraag in die gedagtes van biljoene beantwoord: Wat is die doel van menslike bestaan? Dit benodig spesiale fokus op die Bybelse oplossings van die aaklige probleme, sorge en euwels wat die mensdom nog altyd in die gesig gestaar het, maar wat baie erger in die 21ste eeu geword het.

Mnr. Pack en die Kerk se materiaal spreek die alledaagse kommer van die gemiddelde man en vrou aan—en doen so sonder die vra na fondse, ‘n bekeringsveldtog of betrokkenheid by politiek. Alle literatuur en programme word gratis aangebied in die publiek se belang. Mnr. Pack is toegewy om die enigste weg tot wêreldvrede te verkondig–die goeie nuus verby vandag se slegte nuus. In hierdie opsig, het hy ‘n omvattende bron van opvoekundige materiaal vir mense van alle ouderdomme geproduseer of leiding daarvoor gegee.

Die Kerk se vlagskip tydskrif, The Real Truth, en Mnr. Pack se The World to Come program bereik elke nasie en gebied van die wêreld, insluitende hoofde van state en ander leiers in regering, gelowe, opvoedkunde, indusrieë en media.

Om baie meer te leer, lees die gemagtigde biografie van David C. Pack (The Authorized Biography of David C. Pack).