JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.

Wêreld Hoofkwartier Kampus

Die Herstelde Kerk van God se hoofkwartier kampus, geleë in Wadsworth, Ohio, is gesetel op net minder as 100 pragtige akkers van bos en landbougrond. Hierdie pragtige plek bevat die Administrasie-saal, Posverwerkingssentrum en Mediasentrum. Die grond rondom die kampus sal gebruik word vir die Kerk se bybelse landbou program genaamd die Landbou Onderwys en Navorsing Instituut (LONI).

Administrasie-saal

Die Administrasie-saal is 'n 40,000-vierkante-voet gebou wat die hoof administratiewe kantore en bedrywighede van Die Herstelde Kerk van God huisves. Hierdie pragtige middelpunt struktuur verteenwoordig 'n prestasie in ontwerp, konstruksie en tegnologie wat uniek is in die streek.

Die bedrywighede van die Kerk, wat gemeentes in meer as 70 lande het, wat strek oor ses vastelande, het 'n geskatte 90 miljoen items gratis versprei (boeke, boekies, artikels, video's en tydskrifte) regoor die wêreld, aanlyn na meer as 45 miljoen besoekers—waarvan baie beskikbaar is in 11 tale—en bedryf die mees omvattendste Bybel gebaseerde webwerwe in die wêreld: rcg.org, realtruth.org en worldtocome.org.

Die belangrikste werk van Die Herstelde Kerk van God is om die uiteindelike boodskap van hoop aan alle nasies aan te kondig—die goeie nuus van die spoedig-komende koninkryk van God (Markus 16:15; Mattheus 24:14).

Posverwerkingssentrum

Die Posverwerkingssentrum is 'n 12,000-vierkante-voet fasiliteit wat die Kerk se in-huis druk en posbedrywighede huisves, sowel as die Landskapering en Konstruksie departemente. Onlangse, geweldige groei in die verspreiding van literatuur en die uitbreiding van die kampus het meer ruimte vir toerusting en personeel genoodsaak.

In 2014 alleen, het die Kerk meer as 13,000,000 stukke literatuur weggegee. Baie duisende fisiese boeke en boekies is wêreldwyd gestuur. Die Kerk produseer meer as 150 boeke, boekies, artikels en 'n omvattende kursus wat ten volle die leerstellings van die Bybel verduidelik, wat alles gratis weggegee word.

Die Kerk produseer ook The Real Truth, tydskrif, 'n gratis 10-uitgawes per jaar publikasie wat vandag se top nuus beskou deur die lens van die Skrif. Elf miljoen mense het al The Real Truth aanlyn gelees met duisende hardekopieë uitgawes wat regoor die wêreld gepos word elke maand.

Mediasentrum

Die Mediasentrum is 'n meer as 4,000-vierkante-voet, ultra-moderne struktuur wat vier ateljees en die Kerk se Media Produksie Dienste departement huisves. Die televisie program The World to Come™ met David C. Pack, wat miljoene regoor die wêreld bereik, word verfilm en geredigeer in hierdie gebou, saam met baie ander video en klank produksies.

Tot op hede, het die Kerk meer as 220 lande en gebiede bereik met sy programme en materiaal. Vyftien miljoen video's is besigtig op worldtocome.org en die program se YouTube kanaal.

Meer oor die Herstelde Kerk van God

Daar is planne vir die bou van `n Ambassadeur Student Sentrum om die Kerk se opvoedkundige inrigting—Ambassadeur Sentrum te huisves. Hierdie gespesialiseerde opleidingsprogram is 'n belangrike komponent vir die ontwikkeling van leiers en bediening in die Kerk en die verskaffing van die nodige opleiding vir diegene wat dien in die Werk van God, sowel as by Hoofkwartier en in gemeentes rondom die wêreld. Die Sentrum opereer onder die leuse "Herleef Ware Waardes".

Die Kerk publiseer ook die Ambassador Youth™ tydskrif, vol artikels wat probleme en uitdagings aanspreek wat vandag se jong mense in die gesig staar. Daarbenewens borg die Kerk elke jaar Ambassadeur Jeug Kamp, 'n twee-weke somerkamp wat geleenthede verskaf vir tieners in die kerk regoor die wêreld, met die fokus om hulle te leer om God se Weg te leef.

Om meer te leer oor Die Herstelde Kerk van God, gaan na 'n Blik Binne die Kerk en sien vir uself die impak wat God se Kerk rondom die wêreld het (Agter die Werk).