JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Stoor om later te lees
Beskikbaar in hierdie tale:
Waar is God se Kerk vandag?
Photo of a CongregationNew York VSA Photo of a CongregationJamaika Photo of a CongregationPeru Photo of a CongregationIdaho, VSA Photo of a CongregationIndië Photo of a CongregationBelgië Photo of a CongregationKenia Photo of a CongregationArkansas, VSA Photo of a CongregationSuid-Afrika Photo of a CongregationEngeland Photo of a CongregationNigerië Photo of a CongregationOhio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees
Omtrent die Skrywer
Photo of David C. PackDavid C. Pack 

As stigter en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif, en die stem van The World to Come program, het David C. Pack baie miljoene oor die hele wêreld heen bereik met die mees kragtige waarhede van die Bybel—onbekend aan byna almal. Hy het 80 boeke en boekies geskryf, persoonlik meer as 50 gemeentes gestig, en het as 'n gas verskyn op die History Channel. Mnr. Pack het Ambassador College bygewoon in Pasadena, Kalifornië, die Worldwide Church of God bediening betree in 1971 en was persoonlik opgelei deur sy stigter, Herbert W. Armstrong.

Word U Geroep?

deur David C. Pack

Vele wonder of hul geroep word deur God. Hoe kan u weet? Is gevoelens genoegsaam met so `n lewensbelangrike saak? Wat is `n roeping? Wat sê God se Woord? U moet weet.

Meeste mense glo dat God probeer om die wêreld nou te red! Hierdie denkwyse gaan min of meer soos volg: God en die duiwel is in `n oorlog betrokke rondom die lot van die mensdom. Dit word gesien as `n desperate geveg tussen goed en kwaad―God en Satan.

Kom ons stel dit op `n ander manier: Is vandag die enigste geleentheid vir alle mense om Christendom te kies of te verwerp? Moet alle mense “nou besluit†om Jesus aan te neem as hul Heer en Redder? Is dit wat die Bybel leer? Die antwoord is `n besliste NEE! As die antwoord ja was, is God besig om ellendig te faal in Sy stryd met die duiwel vir beheer oor die mensdom se lot. Met ander woorde, God “roep†die hele mensdom, maar die meeste ANTWOORD NIE!

Neem die volgende in ag! In 1920, toe my pa gebore is, was daar sowat 2 biljoen mense op aarde. Daar is nou omtrent 6,4 biljoen mense―en meer elke dag. Ongeveer 2 biljoen, of een-derde, glo―tot een of ander mate― in die naam van Jesus Christus. Dit verteenwoordig `n totaal wat elke denkbare soort van die meer as 2000 verskillende vorme van belydende Christene insluit. Nog ongeveer een-derde van die mensdom het al gehoor van Christus, maar het Hom nie aanvaar nie en maak nie aanspraak daarop dat hul Hom volg nie. Laastens, die finale een derde is al die mense op aarde wat niks van Christus weet nie. Vele in Indië, Afrika, Japan, Sjina en dele van Suid-Amerika en Suid-Oos Asië het nog nooit eens van Hom gehoor nie. Is hul gedoem om verlore te wees, deur nooit die geleentheid te gehad het om te verstaan wat hul mis of waarom nie ― met geen geleentheid om “geroep†te word nie?

Wanneer daar van Christus se naam gepraat word, sê die Bybel eenvoudig: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.†(Hand. 4:12). Verder meld Romeine 10:13 dat die mens hierdie naam moet aanroep om gered te word. Verstaan! Dit is vanselfsprekend dat elkeen wat nie hom oorgegee het tot die God van die Bybel en Jesus Christus aanvaar het as hul Verlosser nie, is beslis nie gered nie! Ontelbare biljoene het al gesterf in hierdie toestand. Meeste het al aanvaar dat die enigste ander opsie vir hierdie mense is, dat hul verlore is vir redding en dat God lank gelede dit vir die oorgrote meerderheid wat ooit gelewe het, beplan het.

Indien die oorlog om siele te wen is soos die meeste sogenaamde Christen predikers dit uitbeeld, dan is die duiwel veel sterker, en baie meer effektief, in sy poging as wat God is. Dit is die enigste ander moontlikheid―tensy daar `n derde kategorie is wat die oorgrote meerderheid mense vervat. Dit moet egter `n kategorie wees wat nog nie erken is nie. Daar is een! ―God roep eenvoudig nie die massas van die mensdom vandag nie, maar Hy roep slegs `n aantal uitgesoektes!

Geroep en Gekies van God

Die Bybel praat duidelik van diegene wat geroep is deur God. Neem kennis wat Paulus vermeld aan die gemeente van Thessalonicense: “Hy [God] wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen…†(1 Tess. 5:24). As `n waarskuwing vir die Galásië-gemeente, wat die ware evangelie uit hul sig verloor het, sê hy die volgende: “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van Hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe…†(1:6) en later voeg hy by: “Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.†(5:7-8). Aan die Korintiër-gemeente skryf hy: “Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie…†(I Kor. 1:26).

Christus Self het by vele geleenthede gepraat van die Christelike roeping. U mag dalk bekend wees met Sy stelling: “Want baie is geroep, maar min uitverkiesâ€, wat in beide Matteus 22:14 en 20:16 te vinde is. Later, voeg Hy betekenis by aan die tweede gedeelte van die frase. Hy het dit aan Sy dissipels verduidelik: “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies…†(Joh. 15:16) en dan “...maar Ek (het) julle uit die wêreld uitverkies, daarom haat die wêreld julle†(vers 19).

Hierdie gedeeltes, wanneer dit saamgevoeg word, verduidelik dat God net `n paar mense roep―eintlik net `n handjie vol―uit die wêreld vir Sy belangrikste doel. Hulle wat antwoord op Sy roeping word dan “gekiesâ€, wat voortgaan tot berou, doop en bekering.

Wat Van U?

Nadat sommige literatuur van Die Herstelde Kerk van God gelees is, kom vele tot die besef dat hul in kontak gebring is met buitengewone insig. Hulle vind hulself dinge leer wat hulle nog nooit van tevore gehoor het nie. Hulle merk op dat die Bybel sin maak―dat dit nie so moeilik is om te verstaan as wat hul van te vore geglo het nie. Dan, soos die behoefte groei om op hierdie kennis te reageer, wonder sommige: “Word ek deur God geroep?â€

Somtyds neem hierdie vraag die vorm aan van: “Ondergaan ek ‘bekering’?†of “Moet ek gedoop word?†of selfs “Het ek in kontak gekom met God se ware Kerk?†Ten beste, is die meeste onseker oor hoe om hierdie basiese vrae te antwoord en vele het hoegenaamd geen idee hoe om dit behoorlik aan te spreek nie.

Hierdie kort artikel sal dit duidelik maak vanuit God se Woord, hoe om te weet indien God u roep. Ek beoog om dit eenvoudig te hou, byna onmoontlik om te kan misverstaan. Per slot van rekening, hierdie vraag is een van die mees belangrikste vrae wat u ooit sal trotseer. Behoorlike begrip vir dié antwoord is van UITERSTE BELANG vir u lewe!

Ek het God se waarheid die eerste maal leer ken toe ek 17 jaar oud was. Voor God my geroep het, het ek nie `n enkele een van die ware leringe van die Bybel geken nie. Vir my het die roepingsproses begin toe ek die stem van `n man gehoor het genaamd Herbert. W. Armstrong, wat uitgesaai is vanaf Pasadena, Kalifornië. Dit was 1966 en dit was onmiddelik vir my duidelik dat ek dinge by hierdie man gehoor het wat ek nog NOOIT van tevore gehoor het nie― en met duidelike skriftuurlike BEWYSE om dit te staaf. Ek onthou hoe verbaas ek was oor hoe duidelik die Bybel geword het―en hoeveel pret dit was om dit te studeer. Voor hierdie dinge― regdeur die tyd wat ek die welbekende, gerespekteerde godsdienstige organisasie van my jeug bygewoon het―het ek die Bybel altyd vervelig gevind en moeilik om te verstaan.

Eintlik is mense van alle ouderdomme en agtergronde in `n raaisel oor wat presies `n “roeping†is. Vele beperk dit tot weinig meer as `n spesifieke gevoel wat oor hulle kom, wat hulle toeskryf aan God. Miljoene in die wêreld voel “geroepâ€â€• in sommige gevalle tot die “kerkâ€, in ander gevalle tot die “bedieningâ€, of “sending werkâ€, en in ander gevalle tot werk met kinders, en in nog ander gevalle om te dien in die mediese beroep of selfs in die militêre diens. Onbewus van wat God sê is soveel mense oorgelaat aan `n blote gevoel, met die aanname dat hulle lewe― en hul paaie wat hul kies― goddelike geïnspireer is. Hulle skryf hierdie “inspirasie†toe aan deur geroep te word tot God. Dit is jammer dat die meeste mense nooit leer dat hierdie sogenaamde “roepingeâ€, niks daarmee te doen het om die ware God van die Bybel te volg nie.

`n Ware roeping van God is veel meer as `n tipe abstrakte gevoel wat deur menslike redenering aflei wat van God afkomstig is!

Kenmerk van `n Ware Roeping

In Johannes se weergawe van die evangelie, meld Jesus: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie…†(6:44). Negentien verse later, herhaal Hy aan Sy gehoor: “Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie†(vers 65). In die volgende vers vermeld Johannes: “Hieroor het baie van Sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.â€

Vele wat Christus gehoor het kon eenvoudig nie verstaan dat God mense moet “trek†en dat `n roeping iets is wat aan hulle “gegee†word nie. Terwyl baie vandag skynbaar verstaan dat hulle op een of ander wyse geroep moet word, probeer hulle nie verstaan―uit die Bybel― oor hoe om verseker te weet dat dit God is wat roep― trek―en aan hulle gee wat dit ook al mag wees wat hulle besig is om te ontvang nie.

Kom ons beskou`n paar skrifgedeeltes wat dit duidelik maak wat Christene “gegee†word, wanneer hulle geroep word. Ons moet alle moontlike verwarring uitskakel.

In Matthéüs, het Christus se dissipels gevra: “Waarom spreek U tot hulle [die menigtes wat Hom gehoor het] deur gelykenisse?†(13:10). Sy antwoord som op hoe en met wat God roep: “Toe antwoord Hy en sê vir hulle: “Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.†(vers 11). Die volgende paar verse versterk wat Hy bedoel het en verduidelik hoeveel in die wêreld die waarhede van God kan hoor (die “verborgenhede van die koninkrykâ€), maar dit nie begryp nie. Aangesien die oorgrote meerderheid van die mensdom nie getrek word deur die krag van God se Gees nie, is hul nie die vermoë gegee om God se Woord te verstaan nie.

Hoe is dit op u van toepassing? Die antwoord verklaar direk hoe om te weet of God u roep: `n Roeping, in die eenvoudigste terme, is om die waarheid van God te verstaan wanneer u dit sien, hoor of lees.

Vra uself af: “Verstaan ek die Bybel se leerstellings en waarhede wanneer ek dit hoor? Maak die skrifte oor die evangelie van die koninkryk van God; verlossingsplan; die doel van menslike bestaan; toenemende, profetiese gebeurtenisse, wat binnekort kom; God se waarskuwingsboodskap aan Sy mense; Sy Wet―insluitend die Sabbat-gebod― die Heilige Dae; tiendes; rein en onrein vleis; die een ware Kerk en baie ander leerstellinge vir my sin?â€

Wanneer u hierdie dinge lees of hoor in ons tydskrifte, boeke, boekies, artikels en The WORLD TO COME-programme, het dit vir u betekenis? Begryp u dit? Is dit maklik verstaanbaar? Sien u dit as SPESIALE KENNIS wat ander nie het nie? Voel u in die versoeking om uself te knyp in ongeloof dat u hierdie dinge gewys kon word, waarvan die massas geen idee het nie?

Indien die antwoorde op die bogenoemde vrae “ja†is, dan is God besig om u te roep― te trek! Die verborgenhede van die koninkryk van God word aan U gegee!

Verantwoordelik vir Kennis wat Gegee is

Babas word gebore met geen kennis nie. Hulle weet nie eers die basiese verskil tussen reg en verkeerd nie. Hulle moet feitlik alles geleer word. Soortgelyk, ken die wêreld nie die dinge van God nie― geestelike reg van geestelike verkeerd nie. Met die kennis van hierdie dinge, kom egter die verantwoordelikheid om daarop te reageer.

Twee Bybel gedeeltes demonstreer dat God mense aanspreeklik hou vir dit wat hulle verstaan. Neem kennis van Jakobus 4:17: “Wie dan WEET OM GOED TE DOEN en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.†Lees nou Hebreërs 10:26: “Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die KENNIS VAN DIE WAARHEID ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie…â€

Kom ons verstaan. Elke keer wat u meer van God se waarheid leer (wat “goed†is), en dit vir u sin maak- u verstaan dit ten minste oor die algemeen― is u besig om buitengewone geestelike kennis te ontvang waarvoor God u aanspreeklik hou.

Dit is deel van die roepings proses― en is eintlik sentraal daartoe. Verder, maak dit die verstaan van hoe God `n persoon roep soveel meer ernstig as wat die meeste geglo het. Herken dat God elke mens slegs eenmaal sal roep. Daarom is u nou verantwoordelik vir die kennis wat u gegee is. Indien `n persoon nie reageer op dit wat hy leer nie, sal God daardie begrip wegneem (Rom. 2:13; Ps. 111:10), en so `n persoon is in `n sombere geestelike toestand.

Die Grootste Vryheid

God se waarheid is baie opwindend om te verstaan. Dit is die pad na al die wonderlike, goeie dinge van die lewe― dinge wat God wil hê u in besit moet neem. Dit is ook die pad na die grootste vryheid wat daar is! Christus het aan sekere Jode, wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle Hom geglo het, die volgende gesê: “…As julle in my woord [die waarheid― Johannes 17:17] bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die WAARHEID SAL JULLE VRYMAAK.†(Joh.8:31-32). U moet bereid wees om “voort te gaan†met u studies van God se Woord, waar u aanhoudend meer leer van die waarheid, wat Christus gesê het u sal vrymaak, van `n wêreld wat afgesny is van God en in gevangene geneem is deur Satan. Selfs hierdie begrip is kosbare kennis.

U kollegas in die wêreld verstaan waarskynlik niks van hierdie dinge nie. So ook nie u familielede nie. Sonder God se roeping, het hul geen moontlike manier om nou te geniet wat aan u gebied word nie― as u God se waarheid verstaan en daarop reageer.

Dit is ook van aller belang dat u in u gedagtes sal seker maak van die dinge wat u leer. U behoort uself in die posisie te vind om die leeringe van God te wil BEWYS. Paulus het ook aan die Thessalonicense die opdrag gegee: “Beproef alle dinge; behou die goeie†(I Tess. 5:21). Indien u weet dat God u roep, neem tyd om te bewys dat Hy bestaan. Bewys dan dat die Bybel werklik Sy geïnspireerde Woord vir die mensdom is.

Laastens, bewys die identiteit van God se Kerk. Verwyder alle twyfel, ten einde geen spasie vir verwarring te laat nie. Daar is baie valse kerke ― baie geestelike soortgelyke in die wêreld. Moet nie geflous word deur enige van hierdie kerke nie. Christus het belowe: “…Ek (sal) My gemeente bou…†(Matt. 16:18). Besluit om vir seker te weet of u in kontak gekom het daarmee. (Ek wil u aanspoor om ons boekies “Where is God’s TRUE CHURH?†en “The history of GOD’S TRUE CHURCH†te lees).

Terwyl u hierdie dinge bewys, bid ter selfde tyd innig oor dit wat u besig is om te leer. Wanneer u onseker is oor `n saak, onthou dat Christus geleer het: “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word†(Matt.7:7).

Johannes 14:17 verduidelik hoe diegene wat bekering nader, begin vind dat hulle die dinge van die Here duidelik kan sien. Merk op wat Christus gesê het wanneer Hy met sy dissipels gepraat het oor die Heilige Gees, wat hul binnekort sou ontvang: “…die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees…â€

Op hierdie stadium was die dissipels net soos baie ander vandag― moontlik soos u ook. Hulle het baie geestelike waarhede ten dele gesien, maar het dit nog nie ten volle ,die enorme belangrikheid om God se Plan en manier van lewe te leer, begryp nie. Deur die Heilige Gees, wat methulle gewerk het, het God sekere dinge openbaar wat hulle alleenlik op `n groter manier sou verstaan, as dit eers in hulle was. Dit begin by bekering. U moet verwek wees van die Heilig Gees om uiteindelik ten volle al die dinge van God te verstaan― aldie geheimenisse van die koninkryk van God. Dit vind plaas wanneer dit direk die verstand binnegaan! As u nog nie gedoop is en die Gees van God ontvang het nie, is dit totaal onmoontlik vir u om selfs `n enkele Bybelse waarheid waarlik te kan verstaan!

Voordat ons bespreek hoe dit gebeur, laat ons eers na die groter prentjie kyk.

God se Meesterplan

Daar is `n goeie rede waarom God slegs enkele persone nou roep. Die kern van God se plan strek oor `n tydperk van 7000 jaar. Tot nou toe het baie min dit verstaan. Vele het ten minste sommige van die verse wat Christus se 1000-jaar heerskappy beskryf verstaan, wat sal begin by die tyd van Sy wederkoms na die aarde om te heers saam met die heiliges (Openb. 20:4-6). Terwyl die meeste weinig meer weet as dit, weet hul niks van die feit dat God 6000 jaar, of ses milleniale dae, of `n “sewe-dag week†toegeken het vir die mens se heerskappy, voor die sewende 1000-jaar “dagâ€. Die sesde “dag†is besig om sy einde te nader. Satan sal binnekort vasgebind word (Openb. 20:2). Hy is egter nog nievasgebind nie.

Wanneer Christus, wat sonde oorkom het, gekwalifiseer het om hom te vervang (Matt. 4:1-11; Lukas 4:1-13) as die “god van hierdie wêreldâ€, het Hy verseker dat Satan binnekort, nie meer langer teenwoordig sal wees om die mensdom te verlei en verwar nie (I Kor. 14:33). Ons moet weereens verstaan dat Satan nog nie gebind is nie en dat hy daarna streef om enige iets te doen, binne sy mag waaroor hy beskik, ten einde God se plan te dwarsboom. Hy het beslis sy predikers mislei (II Kor. 11:13-15) om te glo dat God geweldig gefaal het in sy plan om die oorgrote meerderheid van die mensdom, wat Hy nog nie op die oomblik roep nie, te red. Dit is egter slegs deur God se toestemming dat die Satan `n houvas het oor hierdie “huidige bose wêreld†(Gal. 1:4).

God is nie besig om `n stoeigeveg te verloor, oor dit waaroor Hy duidelik volle beheer het nie. Hy weet presies wat Hy doen en die prag van Sy plan kan verstaan word. Wees verseker dat geen ware God sou ooit kies om die oorgrote meerderheid wat nog ooit gelewe het, te verdoem, sonder om hulle `n volle geleentheidvir redding te gee nie. So `n God sou nooit waardig wees om gevolg te word nie. Hy sou `n onregverdige monster wees wie se primêre doelwit die besigheid van verdoemenis is!

Ons moet verstaan! Die Bybel sê: “Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag†(II Pet. 3:8). Natuurlik is meeste mense “onkundig†van nie net hierdie “een ding†nie, maar omtrent alles wat die Bybel leer. Tog is hierdie `n baie belangrike vers.

Die mens is ses dae, of 6000 jaar gegee om sy eie weë, regerings, godsdienste, filosofieë, waardesisteme en vorme van opvoeding te probeer. Onder die invloed van Satan, het hy sonde― ONGEHOORSAAMHEID tot God se gebooie―vir ongeveer 6000 jaar gepraktiseer. Die mens het dan probeer om die slegte nagevolge te behandel eerder as die oorsaak daarvan, naamlik om God se wet te verbreek. Hierby ingesluit is die vestiging van baie godsdienste wat bloot die leë idees van die mens leer, in plaas van die wonderlike WAARHEID VAN GOD.

God laat die mens toe om `n bitter les te leer. Die oorgrote meerderheid wie nog nooit die kosbare waarheid van God geken het nie, word geleer dat hulle eie weë nie werk nie! Net voor die mensdom homself uitwis op aarde, deur middel van `n kombinasie van wapens van massavernietiging en onomkeerbare besoedeling, sal Christus tussen beide treë en die mensdom red van homself!

Gaan nou voort met II Petrus. Slaan ag op vers 9: “Die Here vertraag nie die belofte… maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.†Het u agter gekom dat God almal wil red? Paulus vermeld, wanneer hy van God praat: “...wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom†(I Tim 2:4). Dit is die eenvoudige waarheid van die skrif. God is nie, en was nog nooit in die “massa-verdoemenis†besigheid nie. God is egter besig om `n uitgesoekte groep te roep en op te lei wie saam met Christus sal heers met Sy wederkoms en sal help met die opstel van Sy wonderlike wêreld-regerende koninkryk. (Lees ook die boek “The AWESOME POTENTIAL of manâ€).

Onthou. Satan het baie vorme van valse godsdienste vermenigvuldig oor die hele aarde. Hy vervals die waarheid op eindelose maniere en God se roepings proses is geen uitsondering nie. Hy is `n MEESTER VERLEIER en die vrugte van sy pogings is orals sigbaar.

U Pad na Bekering

U Bybel verklaar: “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God†(Rom 8:14). Vers 9 vermeld: “…Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.†Hierdie twee gedeeltes openbaar juis wat `n Christen is― een wat gelei word deur die Heilige Gees van God en dit het. Hierdie Gees word ontvang tydens inkeer en doping (Hand. 2:38).

Indien die waarheid besig is om duidelik te word― duidelik VERSTAANBAAR― vir u, stel die doelwit van inkering, doping, en die ontvang van God se Heilige Gees― die begin van WARE BEKERING!

Terwyl u voorberei vir bekering, fokus daarop om al die verkeerde gewoontes en houdings wat u kan in u lewe te ondersoek. Daar is sekere fisiese veranderinge wat u kan maak voor doping. Verstaan, bekering is geheel en al oor verandering, groei, oorwinning― en ontwikkeling van die karakter van God. Dit behels die gewoonte tot gereelde gebed, Bybelstudie, meditasie en selfs vas met tye.

Neem dan tyd om al ons boeke, boekies en artikels te lees wat handel oor geloof, bekering, doping en die mens se potensiaal, sowel as die bewyse van God se bestaan, Sy Woord en Sy Kerk. Baie― in der waarheid, alles― is vir u op die spel, indien God u nou roep.

Neem elke stap versigtig. Volg die pas wat reg is vir u, maar moet nie onnodiglik uitstel, slegs omdat u nog nie innig of dikwels genoeg gevra het vir die “geskenk†van bekering nie (II Tim. 2:25; Hand. 11:18). Wees versigtig dat u nie in dieselfde patroon verval as die wêreld nie, wat wag vir `n betowerende gevoel dat “nou die tyd is†nie.

Die Bybel leer dat “bekering (is) tot God†en dat “geloof (is) in [tot] …Here Jesus Christus†(Hand. 20;21).

Bekering is `n persoonlike, private aangeleentheid tussen die Vader en Christus en elke individu. As God u werklik roep, maak seker van u roeping (II Pet. 1:10). Dit is uiters kosbaar!

Hierdie is die enigste manier om die wonderlike geskenk wat u besig is om te ontvang te benader!