JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Waar is God se Kerk vandag?
Photo of a CongregationNew York VSA Photo of a CongregationJamaika Photo of a CongregationPeru Photo of a CongregationIdaho, VSA Photo of a CongregationIndië Photo of a CongregationBelgië Photo of a CongregationKenia Photo of a CongregationArkansas, VSA Photo of a CongregationSuid-Afrika Photo of a CongregationEngeland Photo of a CongregationNigerië Photo of a CongregationOhio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees
Omtrent die Skrywer
Photo of David C. PackDavid C. Pack 

As stigter en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif, en die stem van The World to Come program, het David C. Pack baie miljoene oor die hele wêreld heen bereik met die mees kragtige waarhede van die Bybel—onbekend aan byna almal. Hy het 80 boeke en boekies geskryf, persoonlik meer as 50 gemeentes gestig, en het as 'n gas verskyn op die History Channel. Mnr. Pack het Ambassador College bygewoon in Pasadena, Kalifornië, die Worldwide Church of God bediening betree in 1971 en was persoonlik opgelei deur sy stigter, Herbert W. Armstrong.

Watter Evangelie is die Ware Evangelie?

deur David C. Pack

Jesus Christus en die apostels het die “Evangelie†verkondig. Maar wat is die Evangelie? Weet u? Was dit dieselfde evangelie wat Paulus aan die heidene verkondig het? Wat beteken die woord “evangelie†in elk geval? Hier is die antwoorde uit u Bybel!

Jesus het die opdrag gegee: “Bekeer julle, en glo die evangelie†(Markus 1:15). Maar wat is dit presies wat ons―U―veronderstel is om te glo? Wat presies is die ware evangelie eintlik? Weet u? Is u seker? Wees versigtig met u veronderstellings. Het Christus byvoorbeeld dieselfde evangelie verkondig as wat Paulus aan die heidene verkondig het? En wat is die betekenis van die woord “evangelie†eintlik?

Die oorgrote meerderheid van die belydende Christene ken nie die uiters― lewensbelangrike antwoorde op hierdie mees eenvoudige vrae, asook vele ander vrae in verband met die ware evangelie van die Bybel nie! Dit is die geval omdat die kennis van wat die evangelie werklik is, vir eeue vir die wêreld verborge was!

Christus met Sy Eerste Koms, het as `n eerste-eeuse OMROEPER gekom, wat die GOEIE NUUS gebring het van ongelooflike gebeurtenisse wat in die nabye toekoms lê. Die hoogtepunt van dié nuus het betrekking op u― en uiteindelik ook betrekking op elke menslike wese op aarde!

Elke dag word daar in Amerika ses nuwe boeke oor Godsdiens gepubliseer! Daar is tans meer as twee duisend onafhanklike godsdienste (gelowe) in Amerika! Tóg, verbasend genoeg, het daar nog nooit meer verwarring en onenigheid bestaan met betrekking tot die antwoorde op die mensdom se probleme nie. Probleme, sorge, booshede en allerlei menslike moeilikhede van elke soort is besig om te vermenigvuldig. Wêreld-vrede lyk verder weg as ooit tevore. Waarom?

Waarom is daar soveel kennis beskikbaar vir die mensdom en tog terselfdertyd bestaan daar so `n groot gebrek aan kennis met betrekking tot die waarheid en die antwoorde op die GROOT lewensvrae?

Dit het alles te doen met die evangelie!

Openbaring 12:9 onthul: “... satan, wat die hele wêreld verlei.†Wat `n ongelooflike uitspraak! Glo u dit? Indien dit waar is, dan is dit seker van toepassing op die waarheid van dinge so belangrik as die betekenis en die ware begrip van die EVANGELIE!

Vele Valse Evangelies

Byna iedere een glo dat die evangelie oor die Persoon van Jesus Christus gaan. Christus speel verseker `n uitermatig groot, belangrike en sentrale rol in Christenskap, maar Hy is nie die evangelie nie.

Die Bybel toon aan dat Jesus tesame met die evangelie verkondig is. Sy rol is nogmaals enorm vir die Christendom, maar Hy is nie die evangelie nie.

Sommige mense verkondig `n “evangelie van saligheid†of `n “evangelie van genadeâ€. Andere glo weer aan `n “evangelie van wonderwerke†of `n “sosiale evangelieâ€. Ander dink weer aan `n “evenaglie van voedsel†of van “genesing†of van “geloofâ€. Dan is daar weer sommige wat slegs dink aan “geestelike musiek†wanneer hul dié woord hoor. Met al hierdie mensgemaakte idees ignoreer almal die waarheid van die Bybel!

Laat ons weereens na Markus kyk: “En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galilea gekom en die Evangelie van die Koninkryk van God verkondig†(Markus 1:14). Dit is die evangelie wat Jesus verkondig het. Dit was in hierdie dieselfde verband dat Hy gesê het: “Bekeer julle, en glo die evangelieâ€. Watter evangelie? …â€van die koninkryk van Godâ€. Die eerste vers van Markus verwys na hierdie boodskap, wanneer dit melding maak van: “Die begin van die Evangelie van Jesus Christus.†Die evangelie van Jesus Christus was oor die KONINKRYK VAN GOD- nie iets anders nie. Ons moet daardie evangelie glo­ --- nie `n mens gemaakte namaaksel of plaasvervanger daarvan nie.

`n Kragtige Waarskuwing om dit nie te Verdraai nie

Hierdie onderwerp is so belangrik dat God die apostel Paulus geïnspireer het om die Galasiërs destyds — en ons nou ook — te waarsku:

“Ek verwonder my, dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na `n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of `n engel uit die hemel julle `n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom `n vervloeking wees†(Gal. 1:6-9).

Dít is `n baie reguit uitspraak — en `n kragtige waarskuwing aan ieder en elk wat dit ter harte wil neem!

In die volgende hoofstuk benadruk Paulus sy hoop, dat die “waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly†(Gal. 2:5). Daar is dus slegs èèn ware evangelie―en al die ander is VALS!

Alhoewel sommige mense beweer dat Paulus `n ander of bykomende evangelie verkondig het, is dit duidelik dat hy dit nooit gedoen het nie. Ironies genoeg het God juis vir Paulus gebruik om die mense te waarsku teen so 'n valse lering deur `n vloek op elke mens, engel of selfs enige apostel wie dié opdrag sou verontagsaam en oortree uit te spreek. — “Maar al sou ons [apostels], of `n engel uit die hemel julle `n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom `n vervloeking wees†(Gal. 1:8). Wat `n kragtige skrifgedeelte― en WAARSKUWING!

Paulus verduidelik dat God die bewaring van die ware evangelie aan die apostels toevertrou het. Let op 1 Tessalonisense 2:4: “Maar soos ons [apostels] deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.â€

Hierdie is `n verantwoordelikheid wat nie ligtelik opgeneem moet word nie! Ware dienaars (predikers) moet altyd verkondig wat God beveel ― nie wat die mense behaag of dink nie (insluitende “bybelkennersâ€). Daarom is elke bewering dat Paulus `n ander of tweede evangelie (gewoonlik beskryf as oor Christus of oor “vredeâ€) verkondig het, onmoontlik. Hy sou dan letterlik `n vloek oor homself uitgespreek het, sou hy dit gedoen het!

Dit was geprofeteer dat Jesus die Evangelie sou Bring

In die Ou Testament was dit geprofeteer dat Jesus Christus as die BOODSKAPPER sou kom: In Maleagi 3:1 word geskrywe: “Kyk ek stuur my boodskapper (Johannes die Doper) wat die weg voor My (Christus) uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel (boodskapper) van die verbond, na wie julle `n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leerskareâ€

Christus was die “BOODSKAPPER†van die evangelie, nie die boodskap self nie. Sy boodskap is in werklikheid die kern ― die middelpunt! ― van die hele Bybel!

Vergelyk nou die uitspraak in Maleagi met een ander vers: “Die wet en die profete [slegs die Ou Testemant was voorheen tot en met daardie tyd verkondig] was tot op Johannes; van toe af word die Koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin†(Lukas 16:16). Onthou soos reeds voorheen in Markus aangedui is, het Jesus die “koninkryk van God†verkondig en dit die evangelie genoem.

Betekenis van “Evangelieâ€

Die woord evangelie kom van grieks en beteken goeie nuus. Die woord koninkryk beteken bloot “regeringâ€. Dit is dus akkuraat om te sê dat Christus “die goeie nuus van die regering van God†verkondig/gepreek het. Ons sal later meer leer aangaande die wie, wat, waar, wanneer, waarom, en hoe van die goeie nuus en ook hoe dit met die grootste profesiëe van die Bybel verband hou.

Die koninkryk van God is nie alleenlik die oorheersende tema van die Nuwe Testament nie, maar ook van die hele Bybel. Tog weet die meerderheid niks of slegs weinig hiervan af. Die predikers van die wêreld is onbewus van hierdie evangelie, en preek nooit daaroor nie. Daarom staan feitlik die hele wêreld in onkunde, onbewus van die grootste waarheid in God se Woord.

Hoeveel keer word die woord “Evangelie†in die Bybel Genoem?

Die woord evangelie word ten minste101 keer in die Bybel gevind. Soms word dit alleen gevind en soms word dit gevolg met die woorde “van die koninkrykâ€. Nog ander kere sluit dit in“van die koninkryk van God†of die soortgelyke uitdrukking “van die koninkryk van die hemeleâ€

Neem kennis, dat dit sê “van die hemelâ€, nie “in die hemelâ€. Dit is die hemel se koninkryk; en daar is `n groot verskil tussen die twee. Net soos koninkryk van God beteken God se koninkryk — nie die koninkryk in God nie — dieselfde is waar oor die koninkryk van die hemel of die hemel se koninkryk.

Begryp hierdie belangrike punt!

Regdeur die Nuwe Testament word die woord ‘koninkryk’ 27 keer gevind, “koninkryk van God†word 75 keer gevind, en “koninkryk van die hemel†word 34 keer gevind. Almal verwys, sonder twyfel, na èèn en dieselfde begrip.

Wat Paulus Gepreek het

Paulus het die koninkryk van God aan die heidene verkondig. Tóg het sommige geglo dat Paulus `n ander evangelie verkondig het — weereens onkundig oor die feit en wete dat dit juis Paulus was wat `n vloek uitgespreek het oor enige iemand wat dit sou doen (Gal. 1:8-9).

Terwyl Paulus egter die koninkryk van God verkondig het neem ons kennis dat hy geensins Christus se rol in die reddingsproses uitgelaat het nie en dit nooit verwaarloos het nie. Neem kennis van 2 verse in Handelinge waarin dit duidelik is dat hy nie die onderwerp van Christus se rol in redding verwaarloos het nie..

Handelinge 19:8 verklaar eerstens: “En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.†In baie van sy briewe het Paulus onderrig gegee aan die heidense gemeentes oor die koninkryk. Sy boodskap was altyd dieselfde. Hy het voortdurend verwys na die koninkryk van God en daaroor gepreek en lering gegee.

Volgende vermeld Paulus in Handelinge 20:25, 21: “…ek (het) rondgegaan en die koninkryk van God verkondig… bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.†Hy het dieselfde envangelie aan beide die die Jode en die Heidene gepreek.

Let vervolgens daarop in Handelinge 28:30-31: “En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek het en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.â€

Lukas, die skrywer van Handelinge, tref `n onderskeid tussen die prediking van die koninkryk van God en om van Jesus Christus te preek! Terwyl beide van uiterste belang is, is dit duidelik dat dit twee afsonderlike leerstellings is!

In Handelinge 8:12 preek Filippus, die diaken, ook oor dié twee onderwerpe: “Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.†Ons sien dat Filippus nie net oor die evangelie van die koninkryk van God gepreek het nie, maar ook het hy dit onderskei van die onderrig oor Christus. Onthou die boodskapper is nie die boodskap nie.

Neem kennis dat diegene in Samaria gedoop is slegs nadat “hulle geglo†het in die regte boodskap― nie `n mensgemaakte idee daar rondom nie. Christus se naam was ook geleer as `n allerbelangrike, maar addisionele begrip.

Jesus is nie die evangelie nie, maar Hy staan direk langsaan die ware evangelie en sal oor die hele aarde heers wanneer Hy terugkeer en Sy koninkryk vestig hier op aarde. U moet dit nie uit die oog verloor nie!

Laat ons nog èèn ander vers ten slotte bestudeer waarin Paulus self onderskeid maak tussen die evangelie en die persoon van Christus. II Korintiërs 11:4 bevat ook die kragtige waarskuwing: “Want as iemand kom en `n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, ... of `n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval†(in die kantlyn word die laaste paar woorde beter uitgedruk as “verdra dit met regâ€). Paulus wou dat die Korintiërs valse onderrig verwerp en dat hul moes vashou aan dít waarin hy hulle onderrig gegee het. Die punt van belang is hier dat Paulus tussen die onderrig van `n valse Jesus en `n valse evangelie onderskeid tref. Dit is― en was nog altyd― twee verskillende onderwerpe.

Sommige mense word verwar wanneer hul I Korintiërs 15:1-4 lees, deur te dink dat Paulus homself weerspreek in ander gedeeltes waarin daar verwys word na “die evangelieâ€(vers 1) is “…dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifteâ€(vers 3-4). Let eenvoudig op dat die verwysing na die “evangelie†in vers 1 nie verband hou met Christus se dood vir ons sondes en Sy begrafnis in vers 3 en 4nie. Sorgvuldige lees van hierdie gedeelte openbaar dit. Wanneer ons dit reg verstaan sien ons dat dié gedeelte die teenoorgestelde bewys as dat Jesus die evangelie is en die begrip word gerugsteun deur Hand 8:12, 20:21-25, 28:31 en II Korr 11:4!

Aangesien Jesus gepreek het “bekeer jul en glo die evangelieâ€, behoort dit nou duidelik te wees waarom. Sy rol moet altyd tesame met die koninkryk van God gepreek word, want geen mens kan in die koninkyk ingaan as hy nie glo en verstaan en aanvaar dat “Christus vir ons sondes gesterf het†en daardie persoon hom van sy sondes bekeer het nie.

Vra uself die vraag: As Christus die evangelie IS—die koninkryk van God is― waarom praat Paulus (4 keer) en Philippus dan oor dit as twee verskillende onderwerpe?

Al die Apostels het dieselfde Evangelie Gepreek

Is daar enige bewyse dat die ander Nuwe Testament skrywers dieselfde boodskap verkondig het? `n Groot aantal!

Die apostel Petrus het ook oor die koninkryk gepreek: “Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus†(2 Pet. 1:11). En so ook het die apostel Jakobus gepreek: “Luister my geliefde broeders ― het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat hom liefhet nie?†(Jak. 2:5).

Al God se Profete het oor die Koninkryk gepreek

â€Handelinge 3:19-21 bevat `n verbasende verklaring: “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom; En Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al Sy heilige profeteâ€

Let op dat Petrus verwys na die Koms van Christus (vers 19) as â€die aangesig van die Here†vers 20 bevestig dat God “Jesus Christus sal stuurâ€. Vers 21 beskryf God se koninkryk as “die wederoprigting van alle dinge.†Petrus het verkondig dat die “wederoprigting†(Jesus Christus vestig Sy Koninkryk) iets is wat God deur die mond van AL sy profete gespreek het vanaf die begin van die wêreld.

Dit is `n ongelooflike uitspraak! Maar is dit waar?

Is dit moontlik dat God werklikwaar al Sy profete kon gebruik het om Sy Koninkryk aan te kondig? Bybelstudente en godsdienstiges ignoreer hierdie kennis― en verwerp dit sonder enige verdere ondersoek.

Kom ons kyk na `n paar voorbeelde.

Predikers voor die vloed

Die apostel Judas, die broer van Christus vermeld: “En Henog [Noag se oupagrootjie]…(het) geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,om gerig te hou oor almal†(Judas vers 14-15). Hierdie verse verklaar duidelik dat Jesus terugkom om `n regering op te rig wat oor die hele wêreld sal heers.

2 Petrus 2:5 verwys na Noag as die agtste prediker van geregtigheid. Judas skryf dat Henog die “sewende vanaf Adam†was. Hierdie manne was “predikers van geregtigheid†genoem. Insluitend Abel, was daar ses ander wat voorheen hierdie rol vervul het, wie se lewens oor die volle tydperk tussen Adam en die Vloed gestrek het.

Nadere ondersoek van Judas onthul dat Henog oor sonde en geregtigheid gepreek het. Al hierdie “predikers†het dieselfde boodskap gebring. Herinner u daaraan wat Petrus gesê het in Hand 3:21: “…van ouds af ...†Die New King James weergawe van die Bybel stel dit duideliker: “since the world began.â€

Abraham, Moses and Samuel

Was die evangelie verkondig gedurende die periode ná die Vloed?

In Genesis 12:3 het God vir Abraham gesê: “… en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën wordâ€. Hierdie vers word ook aangehaal in Gal 3:8, net in ander woorde: “…in jou sal al die volke geseën word.â€

Hierdie selfde vers bevestig dat “vooraf aan Abraham die evangelie verkondig...†is. Dit is wonderlik om te begryp! Nie alleen word die evangelie aan Abraham verkondig nie (waarskynlik deur Melchizedek), maar dit is ook in Genesis deur die skrywe van Moses verkondig! Hoe kan alle nasies geseën word, tensy Christus Sy koninkryk hier op aarde sal vestig?

Moses was die eerste man wat God opgerig het om Israel te lei. Terwyl hy nie `n prediker van geregtigheid of `n apostel was nie —was hy `n profeet en `n regter—en het die evangelie verkondig aan antieke Israel toe hulle in die wildernis was.

Genesis 12:3 dokumenteer dié evangelie, en ook Numeri 24:17-19.

Handelinge 3:22 toon ook aan dat Moses in werklikheid gepreek het oor die komende koninkryk toe hy gespreek het dat God Christus sou oprig as `n groot Profeet (Deut. 18:15) om vir die Hele wêreld te preek met sy wederkoms (Handelinge 3:23).

Neem nou Hebreërs 3:9 en 4:2 in oorweging. Hierdie verse maak dit duidelik dat Moses ook die evangelie aan antieke Israel verkondig het: "Want aan ons is die Evangelie ook verkondig net soos aan hulle….†(antieke Israel) (Hebr. 4:2).

Hierdie verse tesame met Handelinge 3, dui aan dat dit die periode insluit tot en met — en regdeur — Samuel!

Merk ook op hoe Handelinge 3:24 na Samuel verwys as iemand wat die evangelie verkondig het: "En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig".

Hierdie is duidelike en kragtige stellings wat `n mens nie kan wegredeneer nie.Neem `n oomblik om na te dink oor wat u gelees het. Die vers sê: “al die profete van Samuel af….almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondigâ€.

Dawid

Dawid was `n koning. Selfs hy het egter die koninkryk van God verkondig. In Psalm 67:5 skryf hy, "Die nasies sal bly wees...omdat U [God] die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde leiâ€. Dit verwys vanselfsprekend na God se komende regering. Nasies is op die aarde en nie in die hemel nie!

Jesaja en Jeremia

Jesaja skryf, "Want `n kind is vir ons gebore, `n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors- tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor Sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en geregtigheid, van nou af tot in ewigheid..." (Jes. 9:5-7).

Die profesie is só vanselfsprekend dat dit geen verdere uitleg nodig het nie!

Jeremia skryf, "Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek vir Dawid `n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID" (Jer. 23:5-6, maar lees ook vers 7-8).

Net soos met Jesaja, het hierdie verse geen nadere uitleg nodig nie. Die profeet Jeremia verkondig direk die evangelie.

Esegiël en Daniël

Esegiël skryf die volgende met betrekking tot Israel se hedendaagse nakomelinge: " En ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en ek sal julle in jul land bring" (36:24).

Die volgende tien verse beskryf die periode van heropbou en nasionale voorspoed wat alleenlik kan plaas vind ná die Wederkoms van Christus. Neem die tyd om die verse te lees. Hulle is onmiskenbaar duidelik.

Daniël het geskrywe: "Maar in die dae van die konings sal die God van die hemel `n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar `n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan†(Dan. 2:44).

Verkondig Daniël die koninkryk van God? Die Bybel se antwoord is: "ja" — herhaaldelik!

Al die Kleiner Profete

Met die moontlike uitsondering van Jona (wat dit heel moontlik gepreek het buite sy boek en wat nie in sy boek opgeskrywe is nie) het al die Kleiner Profete die evangelie van die koninkryk van God opgeteken op een of ander wyse.

Onthou dat, "die evangelie van die koninkryk van God" nie die enigste regte manier is om die komende regering te beskryf nie! Genesis 12:3 en Galasiërs 3:8 het dít reeds aangetoon.

Bestudeer die volgende verse. In elke geval sal u vind dat hulle direk of indirek verwys na die koninkryk van God: Hosea 2:16, 19; 3:5; Joël 2:21-27; Amos 9:11-15; Obadja 21; Miga 4:1-3; Habakuk2:14; Sefanja 3:14-20; Sagaria 14:1-3, 8-9; Maleagi 3:1-3

Petrus was reg "van die wederoprigting van alle dinge, vaarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.†(Hand 3:21)― dit kan slegs gebeur met die koms van God se regering.

Dit is belangrik om ten slotte nog èèn ander punt duidelik te maak oor dié vers.

Dit sê: "God het gespreek deur die mond van..." Die evangelie van die koninkryk van God is `n boodskap vanaf God. Dit moet duidelik wees dat God praat deur elke vorm van `n dienskneg wat Hy wil gebruik— profeet, aartsvader, regter, diaken, prediker van geregtigheid, koning, apostel of pastoor!

Sy knegte bring altyd dieselfde boodskap!

Matteus vermeld “die evangelie van die koninkryk†drie maal in sy brief. Neem kennis: “En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees†(Mat. 9:35). In die meerderheid van Sy gelykenisse, het Christus oor die basiese dinge van die koninkryk van God gepreek. Matteus maak alleen meer as 50 verwysings na die koninkryk van God.

Lukas meld dat Christus Sy volgelinge opdrag gegee het om dieselfde boodskap te verkondig: “En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep…En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig†(Lukas 9:1-2). Kort daarna in die volgende hoofstuk, stuur Hy sewentig ander uit om die “koninkryk van God†te verkondig (Lukas 10:1, 9).

In die nag toe Hy verraai is gee Christus een belangrike aanwysing tot die begrip van die koninkryk terwyl Hy voor Pontius Pilatus staan: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie [hierdie huidige samelewing]†(Joh. 18:36). Ons sal later lees hoe God se regering hier op aarde gevestig sal word.

Aparte Evangelie van Jesus Christus?

Herinner u weereens aan Markus 1:1: “Die begin van die evangelie van Jesus Christusâ€. Wat is die “evangelie van Jesus Christusâ€? Is dit `n ander, of tweede evangelie? Met verwysing na Paulus, kan ons vra, of hy hierdie evangelie vergeet het?

Nee! Maar die meeste moderne predikante leer dat die evangelie van Jesus Christus oor Jesus Christus gaan. Hulle beweer dat Hy die koninkryk van God is — dat die evangelie van die koninkryk ekslusief na Hom verwys. Maar dit is nie wat die Bybel sê nie! Die evangelie van Christus is SY EVANGELIE — SY BOODSKAP met betrekking tot die koninkryk van God!

Boodskappers bring boodskappe. Onthou, Christus was die Boodskapper deur God gestuur met `n aankondiging. Sy boodskap was nie oor Homself nie— dit was oor die koninkryk van God! In Johannes 12:49-50, meld Christus: â€Want Ek het nie uit (van) Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My `n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat Sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek ― net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.â€

Hier moet u duidelik sien dat Christus as `n boodskapper opgetree het—as `n VERTEENWOORDIGER—`n WOORDVOERDER vir die komende koninkryk van God.

In Johannes 14:24 sê Jesus: "…die woord wat julle hoor, is nie Myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het". Dit behoort nou baie duidelik te wees! Onthou dat Hy verklaar het “Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarinâ€(Lukas 16:16).

Dit is wat hierdie Werk vandag doen― en deur hierdie boekie, word die koninkryk van God aan u verkondig.

Wat is die Koninkryk van God?

Mattheus 6:33 verklaar: "Maar soek EERS die koninkryk van God en Sy geregtigheid...". Indien u iets moet soek, as u mees belangrikste doelwit en fokus in die lewe, dan moet u presies weet wat dit is!

Die hoofstuk bevat wat baie die "Onse Vader" noem (Matt 6: 9-13). Christus leer Christene met “so moet julle dan bid†en Hy volg op deur die frase by te voeg “Laat U koninkryk komâ€. Deur te weet waarvoor u bid sal u gebede baie meer betekenis kry. (Die hoofdoel van die boekie is om die ware evangelie uit die Bybel aan u te verduidelik. Om die koninkryk van God in detail te verstaan, lees ook ons gratis boekie What is the KINGDOM OF GOD?)

Maar laat ons ten minste vra: Wat is die koninkryk van God? Die woord koninkryk beteken eenvoudig “regeringâ€. Natuurlik kan geen regering regeer sonder dat daar `n volk is om oor te regeer nie. Daarom bestaan `n koninkryk ten minste uit een nasie met `n regering.

Daar is VIER noodsaaklike komponente wat deel uitmaak van `n koninkryk: (1) Grond, eiendom of landstreek — ongeag hoe groot of hoe klein. Met ander woorde, dit moet spesifieke en definitiewe grense hê wat die grootte van die koninkryk bepaal, (2) daar moet `n heerser, koning, monargie, goewerneur wat die regering lei, wees (3) mense of onderdane wat op die grondgebied bly wat regeer word en (4) `n sisteem van wette en reëls en `n basiese struktuur van die regering.

Geen koninkryk is volledig sonder hierdie vier basiese elemente nie.

Maar hoe is dit van toepassing op die koninkryk van God? Moet dit `n fisiese, letterlike plek op aarde wees met mense en wette met een heerser wat oor hul toesig hou?

Die meeste mense begryp en verstaan selfs nie dié mees eenvoudige elemente van die koninkryk van God nie. Sommige glo dat die koninkryk in die harte van die mense is. Ander glo weer dat dit is waar ook al u `n sekere kerk vind. Ander glo weer dat dit Jesus Chirstus self is. Sommige glo dat dit nou reeds op aarde is, en ander glo dat dit nog moet kom, maar het geen idee hoe en wanneer dit sal plaas vind nie.

Soveel verwarring!

`n Mens moet wedergebore word in die Koninkryk in

Paulus skryf dat Jesus, ná Sy opstanding “…die eersgeborene uit die dode†geword het (Kol. 1:18), en “…dat Hy die EERSGEBORENE KAN WEES ONDER BAIE BROEDERS†(Rom. 8:29). Wanneer hierdie twee verse saamgevoeg word dan wys dit daarop dat Christus die eersgeborene uit die dood is en dat baie ander later sal volg.

Maar wanneer — en waarin — sal hierdie ander gebore word?

In Johannes 3:3 sê Christus vir Nikodemus: “Voorwaar, voorwaar [dit beteken, dit is waar, dit is waar], Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." In vers 6 gaan Hy voort: "Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees".

U kan hierdie duidelike vers glo. `n Mens moet gees word om die koninkryk van God te sien! Paulus het ook geskryf: "…dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie†(1 Kor. 15:50). Die volgende twee verse verduidelik dat die opstanding sal plaasvind met die Sewende (laatste) Basuin, wanneer "die dode onverganklik opgewek (sal) word; en ons sal verander word.â€

Die opstanding uit die dode sal plaasvind wanneer Christus terugkom. Daar moet geen misverstand plaasvind omtrent dié groot gebeurtenis nie. Mense wat eens vleeslike menslike wesens was sal verander in `n gees — sal WEDERGEBORE word — en die koninkryk van God binnegaan.

Johannes 4:24 vermeld: "God is Gees". Onder God die Vader sal Christus Sy koninkryk lei, wat saamgestel sal wees uit opgewekte geestelike wesens. Met Sy wedekoms sal Christus, as `n lid van die Familie van God, vele jonger “broers en susters†hê, wat gekwalifiseer het om saam met Hom te heers in Sy koninkryk.

Daar is `n planteryk, en `n diereryk, menselike koninkryke en `n engeleryk. Daar is ook die koninkryk van God.

Let op in Genesis 1:26: " En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons beeld na Ons gelykenis." Verwysende na Hulself, sê die Een wat praat: “Ons","Ons (beeld)" en Ons (gelykenis).†Hierdie vers openbaar dat daar meer as een Wese in die Godheid is. Die feit is daar is twee! In die skrifgedeelte, is die Hebreeuse woord vir God, Elohim. Dit is `n enkelvoudige meervoud soos `n groep, span, kommittee of familie waar al die terme een eenheid verteenwoordig wat bestaan uit verkillende persone.

Daarom leer die Bybel ons dat daar EEN God is, saamgestel uit twee Persone—die Vader en Christus—en dat veel meer kinders later toegevoeg sal word tot hierdie familie. Die eerste keer wanneer God meer mense tot sy Familie sal toevoeg, is wanneer Christus Sy koninkryk sal oprig hier op aarde. Gedurende daardie tyd sal “Hy baie kinders na die heerlikheid... bring†deur die werk van die “Bewerker van hulle saligheid†(Heb 2:10). Vers 11 sê “om hierdie rede skaam Hy Hom (Christus) nie om hulle broeders te noem nie†―diegene van wie Christus die “eersgeborene†genoem word .

Sien u wat hier beskrywe word? Die doel van `n ware Christen—sy bestemming—is om GEBORE te word in die komende koninkryk (regering) van God as `n GEESTELIKE WESE wie onder Christus sal heers. Wat kan meer fantasties—meer GLORIERYK—vir `n Christen wees om na uit te sien?

Daar is Voorwaardes om die Koninkryk te kan Ingaan

Christus het vir `n ryk jong man wat navraag gedoen het omtrent die ewige lewe gesê: “…maar as u in die lewe wil ingaan, ONDERHOU DIE GEBOOIE†(Mat. 19:17). Christus verduidelik dat ons die Tien Gebooie moet onderhou en noem spesifiek vyf van die tien in hierdie skrifgedeelte.

Laat ek verduidelik. In Romeine 6:23 skryf Paulus: “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Hereâ€. U word `n loon of `n salaris betaal by u werk. Die loon is die vergoeding vir werk wat u gedoen het. `n Loon is iets wat u verdien. Die dood is wat ons almal “verdien†het― deur sonde! As Christus nie die prys betaal het nie, dan sou die finale “salaristjek†wat ons as mens ontvang het ― die dood gewees het― die finale “pienk stokie†Aan die ander kant is ons saligheid `n geskenk wat ons nie kan verdien nie.

Maar wat is sonde? Aangesien die resultaat van sonde die dood is as ons dit pleeg, moet ons dan nie presies weet wat dit is nie? 1 Johannes 3:4 vermeld: “Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.†Dit is dieselfde wet wat die ryk jongman vertel was om te gehoorsaam ten einde die ewige lewe te kon beërwe. Onthou die woorde van Christus in Markus 1:15: “…bekeer julle en glo die evangelie.†Bekering is van sonde (Hand. 3:19)—die verontagsaming van God se geestelike Wet. `n Christen is iemand wat hom hiervan bekeer het, en hom laat doop het (Hand. 2:38) en verandering ondergaan het (Hand. 3:19). Deur `n leeftyd waarin ons sondes oorkom, kwalifiseer (alhoewel hy dit nooit kan “verdien†nie) die Christen vir verlossing en vir `n geestelike GEBOORTE in die koninkryk van God in.

Die Koninkryk van God moet steeds vandag verkondig Word

In die bergpredikasie van Matheus 24 en 25 was Christus uitgevra wat die teken van Sy tweede koms sou wees en van “die einde van die tyd (era)â€. Hy het gesê dat daar `n aantal gebeurtenisse en ontwikkelinge eers moes plaasvind. In vers 14 verklaar Hy: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot `n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.â€

Dit was geprofeteer dat die ware evangelie verkondig sou word totdat “die einde sal komâ€. Dit verklaar duidelik dat iemand die evangelie nou, vandag in hedendaagse era moet preek — want die einde het nog nie gekom nie.

Die Herstelde Kerk van God doen dit!

Die prediking van die waarheid van die evangelie aan die wêreld was herstel deur Herbert W. Armstrong (1892-1986). Hy was deur God gebruik om honderde miljoene mense te bereik met die boodskap gedurende sy 52-jaar bediening, wat geëindig het by sy dood in 1986. Dit was Mnr. Armstrong wat my die ware evangelie geleer het en wie my die opleiding gegee het om dit vir my moontlik te maak om dieselfde boodskap aan die wêreld uit te dra.

Die Koninkryk van God Kom

Maak geen fout nie! Christus sal spoedig terugkeer aarde toe om Sy koninkryk te kom vestig. Geen mens kan `n enkel, wêreld-oorheersende regering opstel wat sal kan werk nie. In die laat 1966, het ek gewonder oor dié moontlikhede, wat daartoe gelei het dat ek my Verenigde State se kongresman gevra het of hy dink dat dit ooit sou kon gebeur. Hy was reeds `n Kongres-Volks-verteenwoordiger van die Verenigde State vir meer as dertig jaar op daardie stadium. Hy het luidkeels verklaar dat dit nie moontlik was nie. Dit was interessant dat hy gesê het dat as hy sou dink dat dit kon werk, sou hy dit van die top van die huisdakke af uitbassuin het. Ek sal sy woorde nooit vergeet nie. Hy was absoluut reg―dit sal verseker nooit so werk nie as dit in die hande van` n mens toevertrou was nie! Maar dit is nie wat Christus sal doen nie.

Onthou dat Daniël geskryf het: “Maar in die dae van die konings sal die God van die hemel `n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar `n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan“ (Dan. 2:44). Die koninkryk van God sal heers oor die HELE wêreld—AL die volke—en die opgewekte heiliges sal die regering deel met Christus.

Christus verklaar in die “Bergrede†dat: “die sagmoediges die aarde sal beërwe“ (Mat.5:5). Nou weet u waarom! Christus haal hier Psalm 37:11 aan, waar Dawid presies dieselfde ding gesê het. Andere skrifgedeeltes toon aan dat Dawid geweet het dat hy eendag sou heers (oor al die stamme van Israel) in die koninkryk van God.

Laat ons weer na Daniël 7 gaan kyk en drie verskillende verse ondersoek. Neem kennis van vers 18: “…en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.†Vers 22 verklaar: “Totdat die Oue van dae [hier verwys hy na Christus en na die Vader in vers 13] kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.†Neem vervolgens kennis van vers 27, “Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is `n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.â€

Daniël het dit verstaan dat die heiliges op die aarde sou heers!

Let vervolgens op na drie verskillende verse in Openbaring. Christus verklaar

deur Johannes: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op Sy troon gaan sit het†(Openb. 3:21). Vervolgens Openb. 2:26-27: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met `n ysterstaf…†Ten slotte ook: “…en het ons KONINGS en PRIESTERS vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers†(Openb. 5:10).Het iemand u al ooit vertel van enige van hierdie verse? Ek is byna seker dat u dit nog nooit so gehoor het nie. En tog is die verse reeds in die Bybel opgeteken vir duisende jare!

Dit is geen wonder toe Christus terreggestel was vir Sy lewe, dat Hy gesê het: “My KONINKRYK is nie van die wêreld nie; as My KONINKRYK van hierdie wêreld was, sou My dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie†(Joh. 18:36). Pilatus het Hom gevra, “Is u dan tog `n koning?†en Christus antwoord: “U sê dat Ek `n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom…†(vers 37).

Jesus Christus het reg deur sy lewe verstaan dat Hy gebore was om `n KONING te word!

(Lukas 1:31-33)!

Die profeet Jesaja was ook geïnspireer om te skrywe: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie†(Jes. 2:2-4).

Dieselfde profesie word letterlik herhaal in Miga 4:1-3!

Voor die gebou van die Verenigde Nasies staan `n beeldhou werk van `n groot man wat `n swaard omvorm in `n ploeg. Ek het dit al `n honderd keer gesien omdat ek vir meer as vier jaar, regoorkant die gebou Sabbat dienste gehou het.

Maar dit lyk asof niemand nog vandag meer notisie neem, en of glo in die massiewe profesie wat dié beeld voorstel nie.

Christus het gekom om `n KONING te word. Wanneer Sy regering begin, sal wêreldvrede letterlik “uitbreek†— tesame met wêreldwye geluk, voorspoed, oorvloed en ongekende vreugde! Geen menslike regering was nog ooit in staat gewees om hierdie dinge te laat realiseer in slegs èèn land op aarde nie.

Hierdie spoedig-komende koninkryk is die kern van die juiste evangelie wat Jesus gebring het. Glo u dit? Sal u dit glo? Die Herstelde Kerk van God verkondig luid die grootste waarheid van al die profetiese waarhede. Die profesie staan vas—dit is verseker! En wanneer dit vervul word, kan u ook deel uitmaak van God se magtige REGERING!

Christus se Boodskap

Die volgende is afkomstig van die samevatting van Herbert W. Armstrong se boekie: What is the TRUE GOSPEL?

“Dit is hoogtyd dat iemand in hierdie wêreld, sy stem verhef en die wêreld vertel dat die Evangelie van Jesus Christus die vroegtydige AANKONDIGING was van hierdie juiste WêRELDREGERING, een regering NIE saamgestel uit selfsugtig gemotiveerde mense nie, maar deur die lewende almagtige God.

“Jesus Christus se boodskap― Sy Evangelie― was die Koninkryk van God― die REGERING van die lewende God!

“Wanneer die Messias terugkeer met al die mag van God, sal ons WêRELDVREDE ervaar met geluk, vreugde en voorspoed en `n VERANDERDE WêRELD waarin ons die EWIGE LEWE sal beërwe.

“Dit is die ware Evangelie wat verkondig word… ‘in die HELE WêRELD’â€