JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Waar is God se Kerk vandag?
Photo of a CongregationNew York VSA Photo of a CongregationJamaika Photo of a CongregationPeru Photo of a CongregationIdaho, VSA Photo of a CongregationIndië Photo of a CongregationBelgië Photo of a CongregationKenia Photo of a CongregationArkansas, VSA Photo of a CongregationSuid-Afrika Photo of a CongregationEngeland Photo of a CongregationNigerië Photo of a CongregationOhio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees
Omtrent die Skrywer
Photo of David C. PackDavid C. Pack 

As stigter en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif, en die stem van The World to Come program, het David C. Pack baie miljoene oor die hele wêreld heen bereik met die mees kragtige waarhede van die Bybel—onbekend aan byna almal. Hy het 80 boeke en boekies geskryf, persoonlik meer as 50 gemeentes gestig, en het as 'n gas verskyn op die History Channel. Mnr. Pack het Ambassador College bygewoon in Pasadena, Kalifornië, die Worldwide Church of God bediening betree in 1971 en was persoonlik opgelei deur sy stigter, Herbert W. Armstrong.

Christus se Opstanding was nie op Sondag

deur David C. Pack

Het Jesus uit die graf op Sondagoggend opgestaan? Was Hy daar vir drie dae en drie nagte? Hy het gesê dat dit die enigste teken (Mat. 12:40) sou wees dat Hy die Messias was! Het—kan—hierdie teken ooreenstem met die tradisie van 'n Goeie Vrydag kruisiging naby sononder en 'n sonopkoms opstanding op Paas Sondag?

Watter bewys het Christus gebied dat Hy die Messias was? Die Fariseërs het Hom uitgedaag op hierdie einste punt en Hy het hulle 'n antwoord gegee — Sy teken dat Hy eg was: "'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken; en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona: Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees" (Mat. 12:39-40).

Hoe, dan, pas die "Goeie Vrydag — Paas Sondag" tradisie in? Kan 72 uur (drie dae en drie nagte) gemaak word om in 'n tydperk tussen laat Vrydag en vroeg Sondag oggend te pas? Hoekom bevraagteken so min hierdie enigste teken wat Christus gesê het dat Hy sou gee dat Hy die Messias was? Kon Hy verkeerd gewees het op hierdie enkele groot bewys van wie Hy was en nog steeds die Messias wees?

Aangesien niemand direk getuie was van Sy Opstanding nie, moet ons die enigste beskikbare gesag bestudeer oor hierdie groot gebeurtenis — u Bybel! Die apostel Paulus sê "Beproef alle dinge; behou die goeie" (I Thess. 5:21). Die Bybel is die geopenbaarde Woord van God. Dit is Sy geskrewe openbaring aan die mensdom. Wees voorbereid om geskok te wees oor wat die Bybel oor hierdie belangrike punt wel sê en nie sê nie!

Terwyl belydende Christene vrywillig die gemeenskaplike tradisies van mense aanvaar, wil ware dissipels (leerders, studente) van Christus weet wat HY sê. Christus het gewaarsku, "tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas" (Mrk 7:7-8).

Watter standaard sal u gebruik? Sal u die geskrewe feite van die geskiedenis aanvaar soos gevind in God se Woord — of voortgaan met die bekende, gemaklike tradisies van mense?

Die Enorme Belangrikheid van Sy Teken

Is dit enige verrassing dat Satan, die duiwel, sal wil ontken dat Christus die Messias is? Is dit enige verrassing dat hy sou probeer om die storie van Jona en die "walvis" na volksoorleweringe, mite, simboliek en bygeloof te wysig? As hierdie wonderwerk nooit plaasgevind het nie, dan is Christus se teken, volledig daarop gebaseer, niks meer as ‘n hol en nuttelose allegorie nie.

Dink net wat is op die spel in Jesus se verklaring in Matthéüs 12:39-40. Jesus het Sy hele identiteit met Sy teken op die spel geplaas. Indien Hy Sy enigste teken sou faal, dan is Hy nie ons Verlosser nie en niks wat Hy gesê het kan vertrou word nie. In effek, indien Sy voorspelling van hierdie teken misluk het, dan moet Hy as 'n valse profeet beskou word. Hy sou 'n bedrieër wees en moet nie gevolg word nie — en die mensdom het geen verlosser nie!

Moet nie die feit van die opstanding se gebeurtenis verwar as die teken, met die vraag van "hoe lank" — die presiese lengte van die tyd — Hy in die graf sou wees voor Sy opstanding plaasgevind het nie. Dit was die toets van Sy teken.

Wees onder geen illusie oor die stand van Bybel kritici nie — soms bekend as "hoër kritici." Terwyl dit 'n verleentheid is om te sien hoe hulle probeer om Christus se enigste teken weg te verduidelik, het hulle regtig nie 'n keuse nie. As Christus se teken ongeskonde bly, word die Goeie Vrydag-Paas Sondag tradisie as ongegrond blootgestel — vals — en stort in 'n hoop ineen!

Sommige Bybel kommentare laat mens byna asemloos van verbasing wanneer hulle beweer dat drie dae en drie nagte in die Griekse taal, eintlik drie periodes van tyd kan beteken — van óf dag of nag. Vrydagnag, Saterdag ligdag en Saterdagnag word uitgebeeld as hierdie drie "periodes" van tyd.

Ten minste is sommige eerlik genoeg om te erken dat die Vrydag-Sondag tradisie, in werklikheid, net sowat die helfte van die lengte van die tyd is wat Christus gesê het Hy in die graf sou wees.

Wat Is Dae en Nagte?

Kan ons vir seker weet of moet ons spekuleer oor die betekenis — definisie — van 'n dag of die betekenis van 'n nag? Laat die Bybel hierdie definisie oop vir opinie — met een mens se opinie so goed soos die ander s’n?

Jona 1:17 sê duidelik: "En Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis." Die Ou Testament is in Hebreeus geskryf. Hier staar geleerdes 'n dilemma in die gesig, wanneer hulle die term "drie dae en drie nagte" ondersoek. Sommige van hierdie selfde "geleerdes" — wie eintlik kritici is — erken die Hebreeuse taal moet 'n 72-uur-tydperk van tyd beteken. In Hebreeus is daar geen ruimte vir enige "tydperke" teorieë nie.

Hier is die probleem! Christus het gesê Sy tyd in die graf sou "soos Jona drie dae en drie nagte in die groot vis se maag... " wees. Die woord "soos" stel die vergelykings standaard. Dit laat geen ruimte om te "onderhandel" oor die betekenis van die Grieks nie. Die marge van Jona 2:2 vergelyk selfs Jona se tyd in die "groot vis" as "die graf." In hierdie vers, is die Hebreeuse woord vir "hel" sheol. Dit beteken letterlik "die graf." Die vergelyking van Christus met Jona — in 'n graf — word absoluut.

Het Christus die lengte van 'n "dag" of die lengte van 'n "nag" verstaan? Hy het! In Johannes 11:9-10, het Hy gevra, "Is daar nie twaalf ure in die dag nie?... Maar, as iemand in die nag wandel, stamp hy hom."

Die Bybel noem op verskeie plekke dat Christus "die derde dag" opgestaan het. Hoe, lank was dit? Die eerste helfte van die skepping hoofstuk, in Genesis 1:4-13, sê duidelik dat God "het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis. En God het die lig dag genoem en die duisternis het Hy nag genoem. En die aand [duisternis] en die oggend [lig] was die eerste dag... En die aand [duisternis] en die oggend [lig] was die tweede dag... En die aand [nou drie tydperke van duisternis genoem nag — drie nagte] en die oggend [nou DRIE tydperke van lig genoem dag — drie dae] was die derde dag."

Dit is die Bybel se definisie van die lengte van die tyd soos bereken vir die uitdrukking "die derde dag." Dit het gestrek oor drie periodes van duisternis en drie periodes van lig. Ons het bewys dat elkeen van hierdie tydperke gelyk aan twaalf ure is. Ses maal twaalf ure is gelyk aan 72 uur! Wat kan duideliker wees?

Die Bron van die Probleem

Ons het nou vasgestel dat die presiese duur van Christus se tyd in die graf 'n 72-uur-tydperk was. Hy was vir drie dae en drie nagte daar "soos Jona was... " Ons sal nou-nou vier bykomende Skrifte ondersoek wat dieselfde ding bewys.

In Markus 7:13, waarsku Christus sterk teen "so maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering." Hoe is dit dat intelligente, goed opgeleide Bybel geleerdes blyk om te "weet" dat Jesus op Vrydag gekruisig is en op Sondag opgestaan het? Wat is dit oor Christus se duidelike, eenvoudige teken dat hulle nie kan aanvaar nie? Die antwoord lê in die gemak van lang-behoue, maar duidelik valse tradisies!

Een van die belangrikste reëls van Bybelstudie is om al die skrifgedeeltes oor 'n onderwerp in te samel om die volledige prentjie van die onderwerp te verkry. Daar is ander geskrifte wat die 72-uur duur van Christus se tyd in die graf bewys.

Johannes 2:19-21 sê: "Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig... Maar Hy het oor die tempel van Sy liggaam gespreek." Dit is duidelik dat die gebruik van die term "in drie dae" beteken dat Christus se tyd in die graf nie 72 uur kon oorskry nie — anders sou dit nie binne die tydperk van drie dae wees nie.

Aan die ander kant, Matthéüs 27:63 bepaal Jesus se tyd in die graf as nie minder nie as drie dae, of 72 uur, want dit sê, "Na drie dae sal Ek weer opstaan."

Ondersoek van twee bykomende verse in die evangelie van Markus bewys dieselfde grense van Johannes 2 en Matthéüs 27. Neem kennis van Mark. 8:31: "Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan." 'n Laat Vrydagmiddag begrafnis beteken 'n Maandag namiddag opstanding. Dit is so eenvoudig soos om een, twee, drie te tel! Ten slotte, met verwysing na hierdie vers, indien dit alleen sou staan sonder ander skrifgedeeltes om dit te kwalifiseer — moet dit duidelik erken word dat Christus se gebruik van die woord "na" nie op sigself Sy tyd in die graf beperk tot 72 uur nie. Hy kon nog langer daar wees. Hy kon net nie 'n klein bietjie minder as 72 uur daar wees nie. Dit behoort nou baie duidelik te wees.

Ons is nou gereed vir Markus 9:31: "Hulle sal Hom doodmaak, en nadat hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan." Hierdie vers, bied nog 'n beperking op Christus se tyd in die graf. Oorweeg! Hierdie vers, indien dit op sigself geneem word, plaas Sy tydperk in die graf tussen 48 en 72 uur. Die frase "die derde dag" beklemtoon die duur op 72 uur — maar dit skep ook 'n minimum van 48 uur — of die tydperk sal iewers in die tweede dag wees! Weer, indien, hierdie vers alleen sou staan, sou 'n Vrydagmiddag kruisiging, 'n opstanding, iewers ná laat Sondagmiddag en nie later nie, as Maandag laat middag, vereis.

Bevestiging van die Tyd van die Opstanding

Die volgende feit behoort duidelik te wees. Die presiese oomblik en tyd van die dag toe Christus in die graf geplaas was moes saamval met die presiese tyd van die dag van Sy Opstanding. Ons moet presies bevestig wanneer Christus in die graf geplaas was. Ons sal dan presies weet wanneer Hy die graf verlaat het. Duidelik, enige tyd van die dag of nag — oggend, middag, namiddag, aand, middernag, ens. — wat Christus die graf ingegaan het sou presies dieselfde tyd wees waarop Hy dit deur Sy opstanding sou verlaat!

Terwyl op die paal, na "die negende uur" (drie-uur in die middag), het Jesus "uitgeroep" (Mat. 27:46-50; Mrk. 15:34-37; Luk. 23:44-46) en gesterf. Lukas 23:44 maak ook 'n verwysing na "die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe." Die sesde uur is ses ure na sonsopkoms — of middag! Dit sou die negende uur drie-uur namiddag maak.

Hierdie gebeure het plaasgevind op die dag voor die "Sabbat" — die dag genoem "die voorbereiding" (Mat. 27:62; Mrk. 15:42, Luk. 23:54). Ons moet, in aanmerking neem dat die Bybel, dae as die tydperk van aand tot aand, tel (Lev. 23:32) of sononder tot sononder. Onthou Genesis 1: "... die aand [nag of die duisternis] en die oggend [dag of lig]... "

Johannes19:42 verduidelik: "Daar het hulle Jesus dus neergelê weens die voorbereiding van die Jode." Joodse begrafnis wet (vers 31) verbied dat liggame van dooies onbegrawe bly aan die begin van 'n Sabbatdag of feesdag. Onthou, Lukas 23:46 het verduidelik dat Christus gesterf het op, of kort na, drie-uur in die middag. Hy, sou kort daarna begrawe gewees het — voor sononder. Ons het nog nie die dag van die week waarop die kruisiging plaasgevind het vasgestel nie. Maar ons vorige berekening en vergelyking van verwante skrifgedeeltes openbaar dat Christus moes iewers ná drie-uur in die middag opgestaan het — op wat ookal sou wees die dag wat drie dae later gevolg het.

'n Kort opsomming is alhier nodig. Weereens, Christus se Messiasskap is op die spel.

Gebaseer op wanneer Hy begrawe is (iewers tussen drie-uur en sesuur op die dag van Sy kruisiging), Sy teken as ons Messias was dat Hy moes — ek herhaal Hy moes — op dieselfde tyd 72 uur later opgestaan het. Anders, is Hy 'n swendelaar en 'n bedrieër, en het ons geen Verlosser nie. Tensy ons "die woord van God kragteloos deur [ons] tradisie," wens te maak, moet ons nou erken dat 'n gewilde, groot tradisie in 'n hoop rommel neergestort het. Sommige eerlike vrae bly oor.

Die Kruisiging Het ‘n Sabbat Voorafgegaan — Maar Watter Sabbat?

Ons het nou die belangrike kwessie bereik van wanneer om die 72-uur tydperk van Christus se teken te begin tel. Dit behels die Sabbat. Maar watter Sabbat? Kon hierdie vraag aan die hart lê van mense as die rede waarom hulle 'n Vrydag kruisiging veronderstel? Ons het reeds bewys uit al vier Evangelies dat die dag van Christus se kruisiging "die voorbereiding" genoem was. Johannes 19:14 verduidelik "dit was die voorbereiding vir die Pasga." Maar vers 31 gaan verder deur te sê, "want daardie sabbat was ‘n groot dag." Wat beteken dit?

Wat is 'n Sabbat wat 'n hoë dag is?

Enige Jood sal u vertel dat 'n "hoë dag" 'n feesdag of 'n Jaarlikse Heilige Dag is! Levitikus 23 beskryf sewe van hierdie dae wat die nasie van antieke Israel opgedra was om jaar na jaar te hou. 'n Eenvoudige oorsig van hierdie hoofstuk (verse 24, 26-32 en 39) openbaar dat God hierdie dae as Sabbatte beskou. Let daarop dat Levitikus 23:2 verwys na al hierdie Sabbatte as "die feeste van die Here" en "dit is My feestye." Hierdie selfde vers, noem hulle ook "heilige samekomste" — wat bevole samekomste, beteken. Hierdie dae val nie jaar na jaar op dieselfde dag, nie, net soos die algemene heiden vakansiedae wat die meeste mense vandag waarneem.

Matthéüs 26:2 verklaar: "Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word." (Levitikus 23 wys dat die Pasga die een fees was wat nie ook 'n Sabbat was nie, waarin werk verbode is nie.) Daar is geen twyfel dat Christus op die Pasga gekruisig is nie.

Die oorspronklike Paasfees word in Exodus 12 beskryf. 'n Lam is geslag en die bloed van hierdie lam aan die deurkosyne van al die Israeliete se huise gesmeer. Dit was hierdie bloed wat veroorsaak het dat die doods engel 'n bepaalde huis oor geslaan het, en dus die eersgeborene van daardie huis van die dood gered het! Vandaar die Engelse term "passover."

Die Ou Testament Pasga het altyd die jaarlikse Sabbat wat die eerste Dag van Ongesuurde Brode genoem word, vooraf gegaan. Hierdie dag was 'n hoë dag of 'n fees dag wat elke jaar gevier word, weereens, onmiddellik op die dag wat volg op die Pasga. Sien Númeri. 28:16-17: "En in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die HERE. En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees." Hierdie, fees was die eerste Dag van Ongesuurde Brode.

Jesus Christus is deur kruisiging gedood, op presies dieselfde dag waarop die paaslam elke jaar geslag was. Hoewel die bogenoemde boekie die leser in groter besonderhede sal neem op hierdie punt, voldoende om te sê dat I Korinthiërs 5:7 duidelik sê, "want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus." Johannes die Doper het Christus genoem "die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem!" (Joh. 1:29). Christus is op die Pasga gekruisig en hierdie dag sou dan outomaties 'n dag van voorbereiding wees vir die feesdag, of jaarlikse hoë dag Sabbat — wat byna onmiddellik na Sy begrafnis begin het.

Soos reeds genoem, kan jaarlikse Sabbatte op enige dag van die week plaasvind. Dinsdag en Donderdag is meer algemeen as enige ander dag vir die eerste dag van die ongesuurde brood, wat op die Pasga volg. Donderdag is waarskynlik die mees algemeenste van almal. Byvoorbeeld, in die ses en dertig jaar (tel inklusief) tussen 1998 en 2033, val die eerste dag van Ongesuurde Brood 12 keer op 'n Donderdag, en 10 keer op 'n Dinsdag. Alle ander dae is minder dikwels gedurende hierdie tydperk. In die jaar van Christus se kruisiging, volgens die Hebreeuse kalender, het die Pasga op 'n Woensdag plaasgevind! Dit beteken dat die jaarlikse Sabbat een dag later moes wees — of Donderdag! Dit was, in werklikheid, hierdie Sabbat wat genader het, en dus die vinnige begrafnis van Jesus se liggaam vereis het voor dit sou aanbreek. Die weeklikse Sabbat, of Saterdag, sou twee dae hierna plaasvind.

Watter Dag Was die Dag van die Opstanding?

As Christus se opstanding nie op Sondag was nie, wanneer was dit dan? Die wêreld glo in die algemeen dat dit Sondagoggend was. Sê die Bybel dit, of het miljoene 'n aanname gemaak?

Johannes 20:1 sê: "En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was." Vergelyk hierdie vers met Markus16:2 en Lukas 24:1.

Dit is nou baie vroeg Sondagoggend (dit is nog donker) en die graf is oop. Gee hierdie verse die sogenaamde bewyse vir die Sondag opstanding tradisie? Ondersteun dit "Paas sonopkoms dienste"? 'n Probleem, bestaan reeds. Christus is voor sonop van die graf weg!

Sien nou Lukas 24:6. Maria Magdalena en die ander saam met haar, word beskryf as om twee engele te vind wat voor hulle staan. Hierdie engele verklaar duidelik aan die vroue, "Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan." Sien ook Markus 16:6 en Matthéüs 28:5-6.

Christus was WEG — Hy het reeds opgestaan! Let op die verlede tyd van die twee engele se verklaring.

Ons kan nou die dag wat Christus opgestaan het bevestig. Ons het reeds die tyd van die dag van Sy dood en die begrafnis kort daarna bevestig, en dus ook die tyd van Sy opstanding. Dit was laatmiddag, tussen drie-uur en sesuur namiddag. Dit is baie duidelik dat Christus teen hierdie tyd, in die donkerte van Sondagoggend, reeds opgestaan het — want Hy was sedert laatmiddag Saterdag uit die graf weg! Kom, ons stel dit duidelik. Christus het laatmiddag van 'n Woensdag Pasga gesterf en was drie dae later op die laatmiddag van die opvolgende Saterdag opgewek.

Dus, die opstanding het nie eens op Sondag geskied nie — punt!

Christus se Teken is Vervul

Wie, sal u glo? Sal dit teoloë, geleerdes, hoër kritici en ander tradisionaliste wees, wat lief is om Jesus te bely, maar die teken wat Hy gegee het verwerp? Of sal u die woorde van u Bybel glo — dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het presies soos Hy gesê het Hy sal?

Dit is nou die tyd om 'n ander Evangelie weergawe te lees van die twee engele se verklaring aan die vroue by die graf. Neem hierdie keer kennis van Matthéüs 28:6. Dit lui: "Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het." Dit sou onmoontlik gewees het as Christus een sekonde meer of een sekonde minder as 72 uur in die graf was. Die Een wat gesê het: "Is daar nie twaalf ure in 'n dag?" was deeglik bewus van presies hoe lank Sy teken vereis het dat Hy in die "ingewande van die aarde" — die graf, moes wees.

Nie net het Christus verklaar dat Hy Sy teken sou vervul nie, maar dit was ook deur die mond van twee getuies bevestig (Deut.17:6; 19:15), wie magtige engele van God was.

Paulus voeg 'n finale, groot, stawende bewys by dat Christus drie volle dae en drie volle nagte in die graf spandeer het — vanaf laat Woensdag middag tot laat Saterdag middag. In I Korinthiërs 15:3-4, bekragtig Paulus die woorde van Christus en die twee engele wie getuies van Sy vervulling was. Let op: "Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte."

Verder, het die profeet Daniël, 'n profesie gegee wat hy as "sewentig weke" beskryf het (Dan. 9:24-27). In hierdie profesie, was dit voorspel dat die Messias "in die middel van die week afgesny sou word." Woensdag is letterlik die vierde, of middel dag van 'n sewe-dag week. So dan, was dit in die "middel van die week" dat Christus "afgesny" is. (Daar moet kennis geneem word dat hierdie profesie in Daniël 'n voorspelling was dat Christus ook "afgesny" is in die middel van Sy bediening na drie en ‘n half jaar [Herfs 27 n.C. tot Lente 31 n.C.] — indien die Bybelse toepassing van "'n dag vir 'n jaar" behoorlik toegepas word op die sewentigste week van die profesie.)

Is Daar Ander vrae vir Ondersoek?

Sommige, sal sê, "Maar wat van hierdie skrif, of, wat van daardie skrif, of, hierdie punt of 'n ander punt?" Is daar ander vrae wat ondersoek moet word?

Sommige vra oor Markus 16:9. Sekere mense dink dat hierdie vers die Sondag opstanding teorie bewys. Doen dit? Eenvoudige lees van hierdie vers maak duidelik dat dit nie sê Christus: "is opstaande" nie, maar eerder Hy het "reeds uit die graf opgestaan". Neem tyd om hierdie vers te lees. Dit gebruik verlede tyd, omdat soos ons gesien het, was Christus reeds uit die graf weg vir sowat twaalf ure (sedert die einde van Saterdag middag) tot hierdie tyd Sondag oggend.

Maar wat van Lukas 24:21? Dit sê: "... maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het." Die uitdrukking "dit alles" is 'n verwysing na al die gebeure wat verband hou met die kruisiging. Verse 18-20 beskryf die besonderhede van "dit alles," van Christus se oorlewering aan Pilatus, Sy verhoor, Sy kruisiging, Sy géseling, Sy dood, tot aanbring van die seël en die wag oor Sy graf, wat die volgende dag — Donderdag plaasgevind het. Hierdie bespreking het plaasgevind op Sondag, en Sondag was die derde dag na "dit alles" voltooi was (op Donderdag) met die daarstelling van die wag oor Christus se graf. Dit is dus nie 'n vers wat gebruik kan word om alles ter syde te stel wat al die ander geskrifte oor hierdie onderwerp bewys het nie.

‘n Finale Bewys

Matthéüs 28:1 bevat 'n belangrike verklaring wat ondersoek vereis alvorens hierdie onderwerp bygelê kan word om te rus. Let daarop dat hierdie vers begin met die woorde "Aan die einde van die sabbat." Die meeste weergawes lewer dit op hierdie wyse, maar sommige gebruik die term "ná die sabbat." Die Ferrar Fenton vertaling gee hier die korrekte frase. Fenton vertaal hierdie vers met "na die sabbatte" (meervoud). Fenton is moontlik die enigste vertaler om daarop te let dat die oorspronklike Griekse woord "Sabbatte, in die meervoud is. Dit is belangrik. Ons sal sien waarom.

Let op Markus 16:1: "Maria Magdalena en Maria, die moeder van Jakobus, en Salome het speserye gekoop." Hul doel was om die liggaam van Jesus te salf. Hulle was nie in staat om hul speserye tot na die Sabbat verby was te koop nie. Tog verduidelik Lukas 23:56 dat hulle hierdie speserye voorberei het "en op die sabbat gerus het volgens die gebod." Hoewel dit verwarrend mag lyk, hoef dit nie te wees nie indien hierdie twee gedeeltes noukeurig bestudeer word.

Slegs een moontlike verduideliking kom na vore. Dit is dat hierdie vroue hul speserye gekoop het en voorberei het op Vrydag, ná die Donderdag jaarlikse hoë dag Sabbat — of die eerste feesdag van Ongesuurde Brood — en dan op die weeklikse Sabbat gerus het, wat Saterdag volgens God se duidelike opdrag in Eksodus 20:8-11 was. Markus 16:1 en Lukas 23:56 moet verwys na twee afsonderlike sabbatte van die kruisigings week — met 'n dag tussen in, Vrydag. Enige ander verduideliking skep 'n teenstrydigheid van die Skrif en die Bybel weerspreek ditself nooit nie.

Sondag is Nie "Die Here se Dag"

Daar is 'n ander baie belangrike rede waarom teoloë en vele ander moet aflei dat die opstanding op Sondag was! Sondag word algemeen na verwys as die “Here se Dag.†Terwyl die ware Here se Dag van die Bybel eintlik die Dag van die Here is — die dag van Sy toorn (Joël 2:1-11; Opb. 1:10; 15:1-7) — die term "die Here se Dag" het gekom om sinoniem te wees met Sondag. Maar hoekom? Die rede hiervoor is eenvoudig. Indien Sondag bevestig kan word as die dag wat Christus opgestaan het, kan dit 'n manier wees vir die bevestiging en "magtiging" vir die hou van Sondag deur die kerke van hierdie wêreld, in die plek van God se ware Sabbat.

U het reeds verwysings tot die Sabbat in hierdie boekie gesien. Eksodus 20:8-11 wys dat onderhouding van die Sabbat die vierde gebod is! Dit was nog altyd die sewende dag van die week en God het nooit Sondag gemagtig nie — wat onderhouding van die eerste dag sou wees in die plek daarvan. God het dit tydens die skepping geheilig — lank voor daar enige Jode of Israeliete was om dit te hou (Gen. 2:1). Die Sabbat moes "vir ewig" onderhou word — "voortdurend" — en "deur al die generasies" van Israel, God se beoogde model nasie (Exo. 31:12-17). Christus het dit gehou (Luk. 4:16) en het gesê dat Hy die Here daarvan is en dat dit "gemaak is vir die mens" (Mrk. 2:27-28). Hy het nie gesê dit " vir die Jode alleen gemaak was nie." Paulus, het dit onderhou (Hnd. 13:42, 44; 17:2; 18:4).

Die onderwerp van onderhouding van die Sabbat soos God se opdrag vir ware Christene is, is 'n groot onderwerp wat sy eie boek benodig om dit te verduidelik. Daarom, meer as die Goeie Vrydag-Paas Sondag tradisie stort in duie as Christus in die graf vir 72 uur in plaas van 36 was. Die grootste enkele rede vir die onskriftuurlike tradisie (onthou Markus 7:7) van Sondag onderhouding stort ter selfder tyd in duie. God het altyd gesê, "Onthou die Sabbatdag, dat jy dit heilig" (Exo. 20:8). Hy het nog nooit gesê: "Onthou Sondag om dit heilig te hou — en noem dit net die Here se dag!" Die leser word gelaat om dit te oordink. (Versoek ons gratis boek Saterdag of Sondag? — Watter is die Sabbat? vir absolute bewys van watter dag die Christelike Sabbat is.)

Wat is die Bron van U Oortuigings?

Herbert W. Armstrong het sy boekie Die Opstanding Was Nie op Sondag afgesluit met:

"Vir bewys van die heidense oorsprong van sulke lang gekoesterde dae soos Paasfees en Kersfees, vra vir ons gratis boekies oor hierdie twee onderwerpe. Die skokkende waarheid is dat u nêrens in die Bybel goedkeuring daarvoor vind nie. Dit is tyd dat ons die bron ontdek van ons godsdienstige geloof en uitvind of ons hulle moet onderhou.

U mag verkies om die volgende te lees: