JavaScript

This website requires the use of Javascript Explain This   to function correctly. Performance and usage will suffer if it remains disabled.
Waar is God se Kerk vandag?
Photo of a CongregationNew York VSA Photo of a CongregationJamaika Photo of a CongregationPeru Photo of a CongregationIdaho, VSA Photo of a CongregationIndië Photo of a CongregationBelgië Photo of a CongregationKenia Photo of a CongregationArkansas, VSA Photo of a CongregationSuid-Afrika Photo of a CongregationEngeland Photo of a CongregationNigerië Photo of a CongregationOhio, VSA

Jesus het gesê: "Ek sal My Kerk bou." Daar is 'n enkele organisasie wat die hele waarheid van die Bybel leer, en is geroep om te leef deur "elke woord van God." Weet u hoe om dit te vind? Christus het gesê dit sou:

  • "Alle dinge" leer wat Hy beveel het
  • Lede bevat wat uitgeroep en afgesonder is deur die waarheid
  • 'n "Klein kuddetjie" wees
Omtrent die Skrywer
Photo of David C. PackDavid C. Pack 

As stigter en Pastoor Generaal van die Herstelde Kerk van God, Hoofredakteur van The Real Truth tydskrif, en die stem van The World to Come program, het David C. Pack baie miljoene oor die hele wêreld heen bereik met die mees kragtige waarhede van die Bybel—onbekend aan byna almal. Hy het 80 boeke en boekies geskryf, persoonlik meer as 50 gemeentes gestig, en het as 'n gas verskyn op die History Channel. Mnr. Pack het Ambassador College bygewoon in Pasadena, Kalifornië, die Worldwide Church of God bediening betree in 1971 en was persoonlik opgelei deur sy stigter, Herbert W. Armstrong.

U mag verkies om die volgende te lees:

Die Ware Oorsprong van Kersfees

deur David C. Pack

Waar het Kersfees ontstaan? Vanuit die Bybel of heidendom? Wat is die ware oorsprong van Kersvader — maretak — Kersfees bome — struik kranse — en die uitruil van geskenke gebruik? Baie is begaan daaroor om "Christus in Kersfees" terug te plaas Was Hy ooit daar? Hier is die ongelooflike antwoorde!

Elke jaar ná Danksegging, draai die meeste mense se gedagtes na Kersfees toe. Dit is die tyd wanneer belydende Christene veronderstel is om op Jesus Christus te fokus. Na alles, dit is die "Christus-fees" seisoen!

Rudolph die Rooi-neus Rendier, struike kranse, versierde bome, maretak, seisoenale groete, seisoenale musiek, "kastaiings op 'n oop vuur braai " en Kersvader is alles wat in verband met hierdie vakansie gehou word. Hierdie alles bring warm gevoelens vir diegene wie dit vier.

Ek het grootgeword in 'n familie wat Kersfees gehou het en dit was elke jaar in ons 'n huishouding ‘n baie groot gebeurtenis Ons het niks van die gewone versierings van hierdie geleentheid uitgelaat nie. Op 24 Desember, het die opwinding met elke verbygaande minuut gegroei. My ouers het selfs swart koffie gebrou vir Kersvader net voordat ons bedtoe gestuur is. Ek het altyd gewonder hoe hulle geweet het Kersvader hou van sy koffie swart net soos my ouers graag van hulle s’n gehou het. Nadat ek bedtoe gegaan het op Oukersaand, kon ek nie slaap nie en kon ek ook nie wag om in die oggend op te staan om alles te sien wat "Kersvader" vir my gebring het nie.

Kersfees word deur die meeste aan gedink om 'n wonderlike tyd te wees, met die fokus van die deelnemers vir die gee van familie samesyn, pragtige musiek en versierings, feesviering met spesiale kos en die sing van Kersliedere dwarsdeur die hele buurt (soos my familie elke jaar gedoen het). Dit alles is vermoedelik gesentreer rondom die aanbidding van Christus. Sekerlik leer die Bybel ons om dit alles te doen — reg?

Die antwoorde sal u skok!

Hoekom dink mense dat Kersfees wonderlik is? Dit het beslis vir my wonderlik gevoel. Ek het wat my ouers my vertel het geglo. Ek het geen rede gehad om hulle te betwyfel nie. Hulle het my net geleer wat hulle ouers hulle geleer het. Ek het nooit die ware oorsprong van Kersfees bevraagteken nie — of wat God daaroor sê nie!

Die meeste dink nooit na oor hoekom hulle glo wat hulle glo of doen wat hulle doen nie. Ons leef in 'n wêreld vol gewoontes, maar min probeer ooit om hul oorsprong te verstaan. Ons aanvaar oor die algemeen sonder om te bevraagteken. Die meeste mense doen basies wat almal doen — deur die skare te volg, want dit is maklik!

Laat ons noukeurig die kern van Kersfees ondersoek. Kom ons kyk na waarom mense die gewoontes volg wat daarmee verband hou. Hoekom word dit op 25 Desember gehou? Het die vroeë Nuwe Testamentiese Kerk dit gehou? Hierdie boekie is gevul met feite uit die geskiedenis en die Skrif, wat wanneer dit saam gevoeg word, 'n volledige prentjie skilder. Kom ons vermy al die aannames en aanvaar slegs wat BEWYS kan word!

Heidense Oorsprong

In 1990, het die Solon, Ohio (‘n voorstad van Cleveland) skoolraad alle herkoms en ander Kersfees tonele op enige skool eiendom verban, omdat hulle gevoel het dat dit die skeiding van kerk en staat skaad Hulle is in die hof gedaag toe woedende ouers hulle teengestaan het, wat gevoel het dat Kersfees van hulle kinders en die gemeenskap gesteel is. Die raad het die saak verloor! Die gemeenskap het aangevoer dat Kersfees 'n wêreldwye tradisie is wat nie deel is van, en godsdiens ootref het. Dit was beskou as sekulêr — 'n deel van feitlik alle kulture wêreldwyd.

Die hof se besluit het bevestig dat Kersfees geen Christelike wortels het nie! Nietemin, het die hof se mening ook opgemerk het dat Bybellees en gebed uiteraard geassosieer word met Christenskap — 'n merkwaardige erkenning! Die hof het tot die gevolgtrekking gekom dat Kersfees-onderhouding en krip tonele kon bly omdat hulle nie regtig deel van Christenskap of godsdiens is nie — maar gebed en Bybellees, wat wel is, moet uitgesluit bly uit skole!

Byna al die aspekte van Kersfees viering het hul wortels in Romeinse gebruike en godsdiens. Dink aan die volgende erkenning van 'n groot Amerikaanse koerant (The Buffalo News, 22 Nov. 1984): "Die vroegste verwysing na Kersfees wat gekenmerk is op 25 Desember, kom uit die tweede eeu na Jesus se geboorte. Dit word as waarskynlik beskou dat die eerste Kersfees vieringe in reaksie was op die Romeinse Saturnalia, 'n oesfees wat die winter sonkeerpunt gekenmerk het — die terugkeer van die son — en vereer Saturnus, die god van landbou. Saturnalia was 'n rumoerige tyd, baie teengestaan deur die meer strenger leiers onder die steeds mindere Christen sekte. Kersfees het ontwikkel, het een geleerde gesê, as 'n manier om aanbidding van die son met die aanbidding van die Seun te vervang. By 529 n.C. nadat die Christendom die amptelike staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk geword het, het Keiser Justinianus Kersfees 'n burgerlike vakansie gemaak. Die viering van Kersfees het sy piek bereik — sommige sou sê dat die ergste oomblikke daarvan — was in die Middeleeuse tydperk toe dit 'n tyd vir opsigtelike verbruik en ongeëwenaarde joligheid geword het."

Oorweeg hierdie aanhalings uit die Katolieke Ensiklopedie, 1911 uitgawe, onder "Kersfees": "Kersfees was nie onder die vroegste feeste van die Kerk nie... Die eerste bewyse van hierdie fees is uit Egipte." Verder, "Heidense gebruike sentreer rondom die Januarie eerste dag van die maand wat tot Kersfees geneig het." Onder "Geboorte Dag," het Origen 'n vroeë Katolieke skrywer, erken, "... In die Skrif, is niemand aangeteken om 'n fees of 'n groot maaltyd op sy verjaarsdag te gehou het nie. Dit is net sondaars (soos Farao en Herodus) wat groot feesvieringe gemaak het oor die dag waarop hulle in hierdie wêreld gebore is" (klem myne).

Die Encyclopedia Americana, 1956 uitgawe, voeg by: "Kersfees... was nie waargeneem in die eerste eeue van die Christen kerk nie, aangesien die Christelike gebruik in die algemeen was om die dood van merkwaardige persone te herdenk eerder as hul geboorte... 'n fees was gevestig ter nagedagtenis van hierdie gebeurtenis [Christus se geboorte] in die 4de eeu. In die 5de eeu het die Westerse kerk beveel dat die fees gevier word op die dag van die Mithraic rituele van die geboorte van die son en aan die einde van die Saturnalia, omdat daar geen sekere kennis bestaan het van die dag van Christus se geboorte nie."

Daar is geen twyfel oor die OORSPRONG van die moderne Kersfees viering nie. Baie addisionele bronne kan aangehaal word en ons sal later hierna terugkeer. Kom ons begin om 'n paar ander feite saam te bind.

Dit was 300 jaar na Christus voordat die Romeinse kerk Kersfees gehou het, en nie voor die vyfde eeu dat dit as 'n mandaat afgekondig was om dwarsdeur die hele ryk gehou te moes word as 'n amptelike fees ter ere van "Christus" nie.

Kan Christus Vereer Word Deur Kersfees?

Die mees algemene regverdiging wat 'n mens sal hoor in verband met Kersfees is dat mense die ou heidense gebruike en gedagtes vervang het deur te beweer dat hulle nou " op Christus fokus" Ek het al baie gehoor sê dat hulle "Christus vereer" in hul Kersfees-onderhouding. Die probleem is dat God nie sê dit is aanvaarbaar vir Hom nie! In werklikheid waarsku Hy prontuit daarteen! Kersfees-onderhouding doen Christus oneer aan! Hy beskou alles daaromtrent as 'n gruwel! Ons sal gou sien hoekom.

Christus het gesê: "Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is" (Matt. 15:9). Kersfees is nie van God ‘n opdrag nie — dit is 'n tradisie van mense. Christus het voortgegaan, "Julle verstaan dit goed om die gebod v an God opsy te sit, en so julle oorlewering te onderhou" (Mrk. 7:9). Elke jaar, op 25 Desember, doen honderde miljoene presies dit, regoor die hele wêreld!

Ons sal duidelik sien dat God beveel, "Volg nie die weg van die heidene nie." Maar die meeste mense vrees nie vir God nie, en Hy laat hulle toe om hul eie besluite te neem. Menslike wesens is vrye sedes agente — vry om God te gehoorsaam al dan nie! Maar weë diegene wat die duidelike Woord van God ignoreer!

Was Christus Gebore op 25 Desember?

Christus is gebore in die herfs van die jaar. Baie mense het verkeerdelik geglo dat Hy gebore is rondom die begin van die winter — 25 Desember! Hulle is verkeerd! Let op die Adam Clarke Commentary, volume 5, bladsy 370, New York uitgawe: "Dit was 'n gebruik onder die Jode om hulle skape na die woestyn uit te stuur teen ongeveer die Pasga [vroeë lente], en hulle terug te bring by die aanvang van die eerste reën." Die eerste reën begin in die vroeë tot middel herfs. Voortgaande met dieselfde aanhaling: "Gedurende die tyd wat hulle uit was het die herders hulle dag en nag dopgehou. Wanneer... die eerste reën begin vroeg in die maand van Maart-Isvan, wat deel is van ons Oktober en November [beginnende iewers in Oktober], vind ons dat die skape in die oop veld gehou is gedurende die hele somer. En omdat hierdie herders nog nie hul kleinvee huistoe gebring het nie, is dit ‘n waarskynlike argument dat Oktober nog nie begin het nie, en dat, ons Here gevolglik, nie op die 25ste Desember gebore is, toe geen kleinvee in die veld was nie; en kon Hy nie later as September gebore gewees het nie, omdat die kleinvee nog gedurende die nag in die veld was. Op grond hiervan, moet die geboorte in Desember laat vaar word. Die voeding van die vee gedurende die nag in die veld is 'n kronologiese feit... Sien die aanhalings uit die Talmudiste in Lightfoot."

Lukas 2:8 verduidelik dat toe Christus gebore was: "En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het." Let daarop dat hulle in die veld "gebly het." Dit het nooit in Desember gebeur nie. Beide Esra 10:9-13 en die Hooglied van Salomo 2:11 wys dat die winter die reënseisoen is en die herders nie op die koue, oop velde kon bly gedurende die nag nie.

Talle ensiklopedieë stel duidelik dat Christus nie op 25 Desember gebore is nie! Die Catholic Encyclopedia bevestig dit direk. In alle waarskynlikheid, is Christus in die herfs gebore! 'n Lang tegniese verduideliking sou hierdie punt bewys.

Aangesien ons weet dat 25 Desember nie naby was aan Christus se werklike geboorte datum nie, waar het die fees wat verband hou met hierdie datum, vandaan gekom?

Lees nou hierdie aanhaling onder "Kersfees": "In die Romeinse wêreld was die Saturnalia (17 Desember) 'n tyd van vrolikheid en die uitruil van geskenke. 25 Desember is ook beskou as die geboorte datum van die Iraanse misteriëse god Mithra, die Son van Geregtigheid. Op die Romeinse Nuwejaar (1 Januarie), is huise versier met groenigheid en ligte, en geskenke is aan kinders en die armes gegee. Tot hierdie gebruike is die Duitse en Keltiese Oukersaand rituele bygevoeg toe die Duitse stamme Gallië, Brittanje en Sentraal-Europa binnegedring het. Kos en goeie broederskap samesyn, die Kersblokke en Kerskoeke, groenigheid en dennebome, geskenke en groete herdenk almal verskillende aspekte van hierdie feesseisoen. Vure en ligte, simbole van warmte en blywende lewe, is nog altyd geassosieer met die winter fees, beide heiden en Christelike" (Encyclopedia Britannica, 15de Uitgawe. Vol. II, bladsy 903).

'n Finale aanhalling oor die keuse van 25 Desember as die geboorte datum van Christus is nodig. Let op na 'n artikel in The Toronto Star, Desember 1984, deur Alan Edmonds, getiteld "Ons skuld baie aan Druïde, Nederlands": "Die Reformasie het 'n klad op Kersfees gewerp. Teen daardie tyd, het uitgeslape kerklike politici natuurlik die beweerde geboorte datum van die Heidense mid-winter fees aangeneem as die beweerde geboorte datum van Jesus, van Nasarét, en het 'n paar ander Heidense lekkernye bygegooi om hul oorname meer aanvaarbaar te maak."

25 Desember was nie gekies omdat dit die geboorte van Christus of selfs naby daaraan was nie. Dit is gekies omdat dit saamgeval het met die heidense afgod fees Saturnalia — en hierdie viering moet noukeurig ondersoek word. In elk geval, ons weet nie die presiese datum van die geboorte van Christus nie. Terwyl God dit sekerlik bekend kon gemaak het, het Hy gekies om dit vir die wêreld se oë weg te steek!

Wie was Saturnus?

Vorige aanhalings het die onderwerp van die Saturnalia ingelei. Laat ons versigtig ondersoek wie presies Saturnus was. Oorweeg die volgende aanhaling uit 'n ander groot Amerikaanse koerant, The Democrat and Chronicle, Rochester, New York Desember 1984: "Die Romeinse fees van Saturnalia, 17-24 Desember, het burgers gemotiveer om hul huise te versier met loof en ligte en geskenke aan kinders en die armes te gee. Die 25 Desember fees van natalis solis invicti, die geboorte van die onoorwonne son, was deur die keiser Aurelianus in 274 nC afgekondig as 'n Winter Sonstilstand viering, en iewers (later)... was dit Verchristelik as 'n datum om die geboorte van die Seun van die Lig te vier."

Dr. William Gutsch, voorsitter van die Amerikaanse Museum van Natuurlike Geskiedenis — Hayden Planetarium, het verder die oorspronklike naam van Kersfees bevestig met hierdie aanhaling op 18 Desember, 1989, in 'n Westchester, New York, koerant, The Reporter Dispatch:

"Die vroeë Romeine het nie Kersfees gevier nie, maar eerder 'n heidense fees genoem die Saturnalia. Dit het elke jaar rondom die begin van winter, of die winter sonstilstand plaasgevind. Dit was die tyd toe die son sy laagste pad deur die lug geneem en die dae begin verleng het, en dit nog 'n seisoen van groei verseker het.

"Indien baie van die tierlantyntjies van die Saturnalia, egter, blyk ‘n gelyke te wees van wat so baie van ons vandag doen, kan ons sien waar ons geleen het... ons vakansie tradisies. En inderdaad, dit was voorgestel terwyl Christus mees waarskynlik nie laat Desember gebore was nie, het die vroeë Christene — toe nog 'n verbode sekte — Kersfees verskuif na die tyd van die Saturnalia om so min as moontlik aandag op hulleself te vestig, terwyl hulle hul eie vakansie gevier het."

Die Saturnalia, natuurlik, het Saturnus — die vuur god gevier. Saterdag is afgelei van die naam van hierdie god, net soos al die ander dae van die week afkomstig is van afgode — Son se dag, Maan se dag, Twis se dag, Woden se dag, Thor se dag, Frigga se dag en Saturnus se dag. Maar wie was Saturnus? Hy was die god van landbou (plant), want die hitte van die son is nodig om toe te laat vir die aanplanting en groei van gewasse. Hy was ook aanbid in hierdie middel-van-die-winter fees sodat hy weer sou kom (hy was die "son") en die aarde weer sou verwarm sodat die lente aanplantings kon geskied. Die planeet Saturnus is later na hom vernoem want onder al die planete, met sy ringe en helder rooi kleur, het dit die beste die god van vuur verteenwoordig!

Feitlik elke beskawing het 'n vuur/son god gehad. Die Egiptenare (en soms die Romeine) het hom Vulcan genoem. Die Grieke het hom Kronos genoem, netsoos die Fenisiërs — maar hulle het hom ook Saturnus genoem. Die Babiloniërs het hom Tammuz, Molog of Baäl genoem, netso ook die Druïde. Dit was eenvoudig net alles die verskillende name vir Nimrod, die berugte bybelse rebel van Genesis 10. Nimrod was beskou as die vader van al die Babiloniese gode.

Kinder Offers

Let op hierdie aaklige praktyk wat verband hou met die aanbidding van die vuurgod (Nimrod, Saturnus, Kronos, Molog en Baäl) in die volgende aanhaling uit The Two Babylons, Alexander Hislop, bladsy 231:

"Nou, hierdie is in presiese ooreenstemming met die karakter van die Groot Hoof van die stelsel van vuur-aanbidding. Nimrod, as die verteenwoordiger van die verterende vuur aan wie menslike slagoffers, en veral kinders, geoffer was, was beskou as die groot kind-verslinder... hy was, natuurlik, die werklike vader van al die Babiloniese gode; en bygevolg, in daardie karakter was hy daarna so wêreldwyd beskou. As die Vader van die gode, was hy, soos ons gesien het, Kronos genoem: en elkeen weet dat die klassieke verhaal van Kronos presies net dit was, dat, "hy sy seuns verslind het so gou hulle gebore was." (Lempriere Classical Dictionary, 'Saturnus')... Hierdie legende het 'n verdere en dieper betekenis; maar, soos toegepas op Nimrod, of “Die Horing Een,†verwys dit net na die feit dat, as die verteenwoordiger van Molog of Baäl, babas die mees aanvaarbare offers by sy altar was. Ons het genoeg en weemoedige getuienis oor hierdie onderwerp uit die rekords van die antieke. “Die Fenisiërs," sê Eusebius, ‘het elke jaar hul geliefde en eniggebore kinders aan Kronos of Saturnus’" opgeoffer.

Maar hoekom was menslike offers so 'n sleutel tot die aanbidding van hierdie verskriklike god? Watter moontlike goeie kon mense dink hulle sien in die slagting van hul eie kinders? Voortgaande: "... hy wat die vuur genader het sou 'n lig van goddelikheid ontvang" en "deur goddelike vuur sou al die besmettings veroorsaak deur geslagte weggevee kon word." Daarom, "hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan" (Jer. 32:35).

So ongelooflik soos wat dit lyk, het misleide mense in werklikheid geglo dat hulle hul "god" verbly deur die offer van hul eie onskuldige kindertjies aan hom. Hulle het geglo dat vuur hulle gesuiwer het van oorspronklike sonde. Die heidense leerstelling van die besteding van tyd in die vagevuur om die siel te reinig van alle sonde is afgelei van hierdie geloof!

Wie Was Nimrod?

Ons moet nou van naderby kyk wie hierdie Bybelse figuur, Nimrod, was. Ons het hom alreeds gesien as een van die geskiedenis se oorspronklike vals gode, maar wat kan anders geleer word?

Gen. 10:9 sê van Nimrod, "Hy was 'n geweldige jagter voor [in plek van] die aangesig van die HERE." Hy het in werklikheid probeer om God te vervang.

Die beroemde Joodse historikus, Josephus, beskryf in die Jewish Antiquities belangrike bewyse van Nimrod se rol in die voor-vloed wêreld. Let op: "Hy het ook geleidelik die regering in tirannie verander... Hy [Nimrod] het ook gesê hy sal gewreek word op God, as Hy van gedagte sou wees om die wêreld weer te verdrink; omdat hy 'n toring sou bou wat te hoog sou wees vir die water om te bereik... Nou, die skare was baie gereed om Nimrod se gedetermineerdheid te volg, en dit as lafhartigheid geag om aan God onderdanig te wees" (Boek. I, Hst. IV, afd. 2, 3).

Onder baie name, was die mensdom se vroegste en miskien grootste rebel dwarsdeur vals godsdiens aanbid. Antieke Israel het aangehou om te verval in die dien van die baie vals gode wat Nimrod verteenwoordig het.

Eze. 8:13-14 beskryf 'n beeld van die vroue van Israel wat "huil vir Tammuz." Hierdie Tammuz (die god van vuur) was beskou as Nimrod en die etimologie van die woord self is fassinerend. Tam beteken om "perfek te maak" en Muz "vuur." Die betekenis is duidelik in die lig van wat ons reeds geleer het. Terloops, in die Irak-Koeweitse Desert Storm Oorlog, het Saddam Hussein selfs die naam van een van sy missiele die "Tammuz" genoem. Hy het beslis verstaan dat sy betekenis vuur ingesluit het.

Verbrand vir Molog

Kom ons kyk hoe God se volk, Israel, Baäl/Molog aanbid het sodra hulle weg beweeg het van die ware God: "En hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan — iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe... " (Jer. 32:35).

Let daarop dat God self sê dat sulke verskriklike gruwels nog nooit in Sy gedagtes opgekom het nie: "En hulle het die hoogtes van Baäl gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl — iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in My hart nie opgekom het nie: Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat hierdie plek nie meer genoem sal word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal" (Jer. 19:5). Vers 6 verbind die vallei van Tofet of Hinnom aan hierdie praktyk. Jer. 7:31 verbind Tofet en Hinnom aan kinder offers. Tofet beteken "die trom." Tromme was gespeel om die krete van die slagoffers in die vlamme te verdring.

Let op na hierdie aanhaling uit Paradise Lost, deur John Milton, oor die verskriklike god Molog: "Eerstens Molog, aaklige koning, was besmeerd met bloed van menslike offers, en ouers se trane, Hoewel, vir die geraas van tromme en tamboeryne luid Hul kinders se gille onhoorbaar, wat deur vuur gegaan het vir sy grimmige Afgod." Maar natuurlik sal almal sê dat hulle nie vandag hul kinders offer aan Molog nie, maar lees aan.

In die Nuwe Testament, is die martelaar Stefanus gestenig tot dood, ten minste deels omdat hy sy luisteraars aangekla het vir die aanbidding van hierdie bose afgod (Hand. 7:43).

Toe die regverdige Koning Josia op die troon gekom het, as koning van Juda, het hy die altare vernietig in die Vallei van Tofet (of Hinnom — die einste vallei wat Christus vergelyk het met "hel" vuur in Mark. 9:43-49) kort nadat hy aan bewind gekom het. Hy het die groot kwaad besef van die praktyke wat daar plaasgevind het.

Die Druïde en Menslike Offers

Baie mense het gehoor van die Druïde. Min weet egter wie en wat hulle was. Ons sal later na hulle verwys en hulle verbind aan ander bekende Kersfees praktyke. Ons moet eers hul historiese rol vestig in die menslike offers.

Julius Caesar is die bekendste bron van inligting oor die Druïde. Hierdie kom van die Encyclopedia Britannica. Hierdie aanhaling, onder "Druïde" verduidelik duidelik wie hulle was: “Druïde, die geleerde klas onder die antieke Kelte, wie se naam Wetende (of Gevind) die Akker Boom beteken. Hulle blyk dikwels Akkerwoude te besoek het en het opgetree as priesters, onderwysers en regters. Die vroegste bekende rekords van die Druïde kom uit die 3de eeu [vC]... Druïde het beheer geneem van openbare en private offers en baie jong manne het na hulle vir opleiding gegaan. Hulle het alle openbare en private rusies beoordeel en op die straf besluit... Die Druïde se beginsel leer was dat die siel onsterflik was... (hulle) het menslike slagoffers geoffer vir diegene wat ernstig siek of in gevaar van dood was in 'n geveg. Groot vlegwerk beelde is gevul met lewende mense en dan verbrand; hoewel die Druïde misdadigers gekies het by voorkeur, het hulle onskuldige slagoffers geoffer indien nodig."

Die Ou Testament is vol van God se veroordeling van Israel vir die beoefening van die gebruike van die nasies rondom hulle — en ons is besig om belangrike feite te vergader wat 'n skokkende prentjie onthul.

Die Rol van Kannibalisme

Nog 'n waarheid oor die oorsprong van Kersfees spruit uit die moderne woord kannibaal. Hierdie praktyk het sy wortels in 'n primêre funksie van alle priesters van Baäl. Hou in gedagte dat die Hebreeuse woord vir priester, Cahn, is.

Oorweeg die volgende aanhaling uit The Two Babylons, deur Alexander Hislop, bladsy 232: "En dit was 'n beginsel van die Mosaïese wet, 'n beginsel sonder twyfel uit die patriargale geloof dat die priester moes deelneem aan wat ookal aangebied was as 'n sonde-offer (Num. 18:9,10). Daarom was die priesters van Nimrod of Baäl noodwendig verplig om van die menslike offers te eet; en so het dit gebeur dat 'Cahna-Bal,' die 'Priester van Baäl,' die gevestigde woord in ons eie taal is vir 'n eter van menslike vlees."

Die realiteit hiervan kan nie verlore wees by enigeen nie! Dit is ook waar dat die meeste beskawings 'n tradisie het waarby kannibalisme betrokke was. Let op hierdie verklaring uit The New York Times, "Wat is die Betekenis van Kannibalisme?" Deur Erik Eckholm: "Kannibalisme het eens feitlik elke bekende samelewing gefassineer en afgestoot, insluitend dié wat dit beoefen het."

Hierdie selfde artikel het aangegaan om te wys dat die meeste beskawings ook goddelike betekenis aan hierdie praktyk geheg het.

Wat Van die Kersvader Mite?

Het u al oorweeg dat u ook vandag u kinders kan verbrand, selfs offer, (hoewel op 'n ander manier) in u praktyk van Kersfees viering, terwyl u mag probeer om opreg te "fokus op Christus"?

Ouers redeneer hulle skuld die hele Kersfees mite aan hul kinders! Kersfees tradisies is hoofsaaklik gefokus op kinders, en hulle is beslis die middelpunt van die meeste van wat gebeur. Ek weet, want ek het sewentien Kersfeeste gehou. My ouer suster en jonger broer en ek was die ontvangers van baie en die gewers van baie min op daardie dag — en dit het alles begin met die Kersvader leuen.

'n Paar jaar gelede het 'n priester in New Jersey sy Sondag skool klas vertel dat Kersvader 'n mite is. Die verontwaardiging van ouers en sy toesighouers was vinnig. Hy het "Kersvader vermoor!" Hy het "familie tradisie vernietig!" Hy het "familie gesag ondermyn," het die artikel voortgegaan. Hy is amptelik gesensor deur sy meerderes vir die feit dat hy "oorywerig en onsensitief" was.

Sy misdaad? Hy het die waarheid vertel!

Volgens Langer’s Encyclopedia of World History, (artikel "Kersvader"), was "Kersvader" 'n algemene naam vir Nimrod dwarsdeur Klein-Asië. Dit was ook dieselfde vuurgod wat in die skoorstene afgekom het van die antieke heidene en dieselfde vuurgod vir wie babas verbrand en geëet is in menslike offers onder diegene wat eens God se mense was.

Vandag kom Kersvader van "Sint Nicholas." Washington Irving, in 1809, was verantwoordelik vir die herskepping van die oorspronklike ou, streng biskop van dieselfde naam, in die nuwe "jollige Sint Niek" in sy Knickerbocker History of New York. (Die meeste van die res van Amerika se Kersfees tradisies is selfs meer onlangs as hierdie.) "Ou Niek" is lank reeds erken as 'n term vir die duiwel.

In Openbaring 2:6 en 15 lees ons van 'n "leer van die Nikolaïete," wat Christus twee keer aan Sy Kerk vertel het "[Hy] haat." Kom ons analiseer die woord Nikolaïete. Dit beteken "aanhanger van Nicholas." Nikos beteken "oorwinnaar, verwoester." Laos beteken "mense." Nikolaïete, dan, is mense wat die oorwinnaar of verwoester volg — Nimrod. As u geglo het dat Kersfees viering 'n onskuldige Christen tradisie is, laat hierdie waarheid insink!

Is Dit Skriftuurlik om Geskenke te Ruil?

Handelaars doen gereeld verslag dat meer as 60% van hul jaarlikse kleinhandel verkope tydens die Kersinkopie seisoen plaasvind. Dit verteenwoordig 'n enorme bedrag vir geskenke koop. Die meeste glo vandag dat geskenke gee uit die Bybel se voorbeeld kom van die "drie wyse manne" (die Bybel gee geen getal nie) wat geskenke aan Christus aanbied. Is dit waar? Waar het die uitruil van geskenke vandaan gekom, en wat sê God se Woord daaroor?

Die Bibliotheca Sacra sê: "Die wisseling van geskenke tussen vriende is 'n kenmerk van Kersfees en die Saturnalia en moes deur Christene oorgeneem gewees het van die heidene, soos die vermaning van Tertullian duidelik toon" (Vol. 12, bls. 153-155).

Soos elke ander aspek van Kersfees, is die skokkende waarheid dat selfs hierdie veronderstelde Christelike tradisie nie uit die Bybel kom nie. Dit is ironies dat mense lief is om te glo dat hulle die tradisie van die wyse manne volg om aan Christus te gee, hoewel hulle byna uitsluitlik slegs aan mekaar gee! Watter skynheiligheid! Christus is heeltemal vergete.

Die Bybel leer in werklikheid dat Christene nie verjaarsdae moet hou nie. Talle geskrifte maak hierdie beginsel duidelik. (Lees ons artikel "Is Verjaarsdag Vieringe Christelik?") Maar wat as u na 'n verjaarsdag party gaan wat vir u voorberei is en almal gee geskenke aan mekaar en u word uitgelaat? Die idee is belaglik! As dit gebeur, sal u sê dat die mense selfsugtig is en u vergeet het. Trouens, die meeste mense gee aan ander op Kersfees bloot omdat hulle verwag om geskenke terug te ontvang!

Kom ons keer kortliks terug na die "wyse manne" wat geskenke aan Christus gegee het. Die Skrif beskryf dit in Matthéüs 2:1-11: "En toe Jesus te Bethlehem Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode wat gebore is?... En hulle het in die huis gegaan, en hulle het die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke; goud en wierook en mirre."

Dit word algemeen veronderstel dat hierdie verjaarsdag geskenke vir "baba Jesus" was. Maar is dit wat die Bybel werklik sê? Beslis nie! Eerstens, is dit belangrik om daarop te let dat hulle wel die geskenke aan Jesus gegee het. Hulle het nie in Sy teenwoordigheid gestaan en geskenke onder mekaar uitgeruil of aan ander gegee nie. Die geskenke was "aan Hom gegee." Ook, hulle het geredelik lank ná Sy "geboortedag" daar aangekom. Dit is nog 'n rede waarom hierdie nie "verjaardag geskenke" kon gewees het nie.

'n Lang staande, antieke gewoonte van die Ooste was om geskenke te bring wanner hulle voor 'n koning verskyn. Hierdie manne het verstaan dat hulle in die teenwoordigheid van die "Koning van die Jode" was. Die Bybel hou baie voorbeelde van mense wat geskenke aan konings stuur of die aanbieding daarvan wanneer hulle in hul teenwoordigheid kom. Hierdie gebruik is algemeen vandag wanneer ambassadeurs of ander in die teenwoordigheid kom van 'n wêreld leier.

Ten slotte, let op wat die Adam Clarke Commentary, volume 5, bladsy 46, sê oor wat op hierdie geleentheid regtig gebeur het: "Vers 11. Hulle het vir Hom geskenke aangebied. Die mense van die Ooste kom nooit nader in die teenwoordigheid van konings en groot persoonlikhede, sonder 'n geskenk in hul hande nie. Hierdie gebruik is dikwels opgemerk in die Ou Testament, en bestaan nog steeds in die ooste en in sommige van die nuut ontdekte Suidsee-eilande." Geskenke is tradisioneel aangebied aan konings.

Wat kan meer duidelik wees?

Die Oorsprong van die Kersfees Boom

Geen boekie oor Kersfees is volledig sonder 'n verduideliking van die "Kersfees boom" nie. Ons het daaroor gepraat sonder om direk daarop te fokus. Die moderne Kersfees boom het sy oorsprong in Duitsland. Maar die Duitsers het dit gekry van die Romeine, wat dit gekry het van die Babiloniërs en die Egiptenare.

Die volgende aanhaling demonstreer wat die Babiloniërs glo oor die oorsprong van die Kersboom: "'n ou Babiloniese fabel vertel van 'n immergroen boom wat ontstaan het uit 'n dooie boomstomp. Die ou stomp simboliseer die dooie Nimrod, die nuwe immergroen boom simboliseer dat Nimrod weer tot lewe gekom het in Tammuz! Onder die Druïde was die eikeboom heilig, onder die Egiptenare was dit die palm, en in Rome was dit die denneboom, wat versier was met rooi bessies tydens die Saturnalia!" (Walsh, Curiosities of Popular Customs, bl. 242). Frederick J. Haskin se boek Answers to Questions sê: "Die Kersfees boom is uit Egipte en sy oorsprong dateer uit 'n lang antieke tydperk tot die Christen Era." Het u dit geweet — dat die Kersboom Christendom lank vooraf gegaan het?

Die meeste aspekte van Kersfees word nie in die Bybel na verwys nie. Natuurlik, die rede is omdat hulle nie van God af is nie — dit is nie deel van die manier waarop Hy wil hê dat mense Hom moet aanbid nie. Die Kersboom word egter direk gemeld in die Bybel! Gaan na Jer. 10:2-5: "So sê die HERE, maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie... Want die INSETTINGE van die volke is NIETIGHEID, want 'n boom uit die bos kap hul om, die handewerk van die ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud; hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle, hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie; want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goed doen in hulle nie."

Hierdie beskrywing van die moderne Kersfees boom is duidelik. God verwys direk daarna as "die weg van die heidene." Net soos Hy Sy mense direk beveel, "leer nie die weg van die heidene nie," en noem hierdie gewoontes "TEVERGEEFS." Vers 23 voeg 'n merkwaardige en kragtige stelling by: "Ek weet O HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie: nie aan ‘n man om te loop en sy [eie] voetstappe te rig nie." God moet mense leer hoe om te leef. 'n Mens kan eenvoudig nie God se weë vir homself uitvind nie.

Daar is geen ruimte in Jeremia 10 om te glo, soos sommige probeer om voor te stel, dat aangesien hierdie bome magteloos by hulself is, dit regtig nie verbode is om 'n Kersboom te hê nie. God veroordeel die opstel van heidense (Kersfees) bome met hierdie eenvoudige Bybel opdrag!

Die Oorsprong van Struik Kranse, Joelblok en Maretak

Die Encyclopedia Americana sê: "Die Struike krans, die Maretak, die Kersblok... is oorblyfsels van voor-Christendom tye." Met ander woorde, die heidendom! Die Kersblok was algemeen gebruik in 'n ritueel van Duitse natuur aanbidding.

Frederick Haskin sê verder: "Die gebruik van Kersfees kranse, word geglo deur gesaghebbendes, om opspoorbaar te wees tot die heidense gebruike van versiering van geboue en plekke van aanbidding op die fees wat op dieselfde tyd as Kersfees plaasgevind het.

Die Encyclopedia Britannica, onder "Celastrales," wat blommende plante is, ontbloot die oorsprong van die struike krans: "Europese heidene het steekpalms in hul huise in gebring, wat hulle aan die feetjie mense van die woude as toevlug van die strawwe winter weer geoffer het. Gedurende die Saturnalia, die Romeinse winter fees, is takke van die steek palm kranse uitgeruil as tekens van vriendskap. Die vroegste Romeinse Christene het glo steek palms gebruik as 'n versiering in die Kersseisoen."

Daar is dosyne van tipes struike. Ek het persoonlik baie van hulle geplant. Feitlik almal van hulle kom in manlike en vroulike spesies voor — soos die "Blou Prins en Blou Prinses" of "Blou Seun en Blou Meisie" of "China Seun en China Meisie." Vroulike steek palms kan nie bessies dra, tensy 'n nabygeleë manlike plant hulle bestuif nie. Dit is maklik om te sien waarom die steek palms kranse hul weg gevind het in heidense rituele as 'n teken van vriendskap en VRUGBAARHEID!

Kersfees is vir baie onvolledig tensy dit "soenery onder die maretak" insluit. Hierdie, ook heidense gebruik, was natuurlik in 'n nag van gefuif gedurende dronk seksorgies. Net soos Kersfees vandag, het hierdie "gesoen" gewoonlik plaasgevind aan die begin van die Saturnalia vieringe. Maretak was beskou as om spesiale magte van genesing te hê vir diegene wat hulle daaronder "verlustig" het.

Die Encyclopedia Britannica, onder "Santalales," sê: "Die Europese maretak is vermoed om spesiale rituele betekenis in Druïdiese seremonies te gehad het en leef steeds in volkloriste vandag, sy spesiale status as die Kersfees maretak het van Anglo-Saksiese tye gekom." Die maretak is 'n parasiet wat op eikebome woon. (Onthou dat die Druïde in eikeboom woude aanbid het.) Die antieke Kelte (wat verband hou met die Druïde) het die maretak gebruik as 'n kruiemiddel om onvrugbare diere vrugbaar te maak. Daar word nog steeds verwys na hierdie plante as "algehele geneser" in Kelties.

Soos maretak, is steekpalm bessie ook gedink aan as heilig aan die son god te wees. Die oorspronklike "son stomp" het die Joelblok geword. "Joel" beteken eenvoudig "wiel", wat reeds lankal 'n heiden voorstelling is van die son. Geen wonder mense vandag praat algemeen van die hierdie "heilige Joel-gety seisoen" nie. Ook verduidelik dit die ronde plat skyfie wat by nagmaal aan biljoene deur die eeue aangebied word.

Hoe interessant — en ontnugterend — is die feite van die geskiedenis.

Aanbidding van die Ware God, Vermeng Met Vals Praktyke

Die moderne term vir die samesmelting van vals heiden gebruike met die aanbidding van die ware God word sinkretisme genoem. Enigiemand wat dit in antieke Israel gedoen het was gedood (Lev. 18:21,29)! Dit was so ernstig!

'n Fassinerende blik in hoe Israel gedink en geglo het, in hul eie gedagtes, hoedat hulle God as 'n hele nasie aanbid het, kom uit II Kon. 17:33: "Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is."

Begryp u dit? Ja, hulle het die ware God gevrees terwyl hulle ander gode gedien het. Geen wonder dat net die volgende vers (34) sê dat hulle regtig " NIE die HERE vrees nie" ooreenkomstig die manier wat God beveel het. Dit is hoe God beskou wat mense vandag doen — dit maak nie saak wat hierdie mense, wat antieke heidense praktyke naboots, dalk mag dink van hul eie dade nie!

Vers 30 sê dat al hierdie dinge geleer is as gevolg van kontak met "die manne van Babilon" (onder andere), wie se hoof god, soos ons sal onthou, Nimrod (Baal of Molog) was — wie ons nou weet, een en dieselfde was.

Let op hoe spesifiek God se waarskuwing aan Israel was in Deut. 12:29-31, en hoekom Hy hulle gewaarsku het! "As die Here jou God die nasies... voor jou uitroei... en jy hulle verdrywe, en in hulle land woon; neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word... en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? — dat ek ook so kan doen. So mag jy nie handel met die HERE jou God nie, want alles wat vir die HERE ‘N GRUWEL is, wat HY HAAT, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode."

Baie verse, soortgelyk aan Deuteronómium 12, moet deeglik bestudeer word. (Sien Exodus 34:10-17, 23:23-33; Levitikus 20:22-26; Deuteronómium. 20:13 en 18, ens.) Die ware God het geweet dat om ander gode te dien altyd gelei het tot die offer van kinders aan hulle!

Deuteronómium 12:32 maak duidelik dat God nie wil hê dat ons Sy weë met enige vals weë mag vermeng nie. "Alles wat Ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou: jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie." Met ander woorde, doen presies wat Ek sê — niks meer en niks minder nie!

Dit is God se DUIDELIKE WOORDE aan almal wat sê dat hulle die verskriklike gebruike van volslae heidendom kan vermeng met 'n sogenaamde "fokus op Christus."

Antieke Israel se Heidense Gebruike in Moderne Tradisies

Deuteronómium. 12:2-4 bevestig 'n belangrike konteks. God sê duidelik, "Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom. En julle moet hulle altare omgooi en hul klippilare verbrysel en hul heilige boomstamme met vuur verbrand... so mag julle nie doen met die HERE julle God nie."

Let op na God se verwysings na "elke groen boom" en "hulle heilige boomstamme." Daar is minstens tien soortgelyke verse in die Ou Testament met verwysing na "groen bome" en hul verbintenis met afgodediens. Geskiedkundiges hou daarby dat die verwysing na die term "groen" verwys na groen heeljaar — immergroen bome!

Weereens, laat ons van naderby ondersoek instel na die werklike geskiedenis en oorsprong van sommige van die Saturnalia gebruike wat vandag nog beoefen word. Let op die volgende sidderende aanhaling uit die Woordeboek van die Griekse en Romeinse oudhede, "Ocilla" 3de uitgawe, volume II: "... al die geledere het hulself tot feesviering en vreugde gewend en geskenke is uitgeruil onder vriende, en skares het die strate verdring, en geskree “Heil Saturnalia.†'n Offer is gemaak onder 'n versierde immergroen boom, volgens die heidense digter, Virgil. Figure en maskers — wat "oscilla†genome was — is gehang aan die boom, net soos Kersfees versierings vandag. Geskiedenis erken... daar kan geen twyfel wees dat ons in hierdie " oscilla 'n oorblyfsel van menslike offers het nie... "

Klink hierdie alles nie bekend nie? Geskenke, sing in die strate, immergroen bome, versierings, offers onder die boom, vrolikheid, maaltye? Hulle mag wonderlik klink, maar hulle verteenwoordig dinge wat werklike gruwels is.

Moderne oscilla lyk soos dik klein "engele" as dit aan 'n boom hang. Ek het self hierdie klein "engel babas" op ons boom gehang, toe ek 'n klein kindjie was. Ten minste het ek gedink dit was engel babas. Hoe verkeerd was ek! Dink u enige van u vriende besef wat hulle regtig verteenwoordig? Natuurlik nie — maar dit maak dit nie minder ernstig of minder verkeerd in God se oë nie!

Blatante Heidendom Vermeng in die Kerk

Een addisionele bron toon aan hoedat dit alles gekom het om 'n erfenis te wees wat so "onskuldig" deur miljoene beoefen word — tog ver van onskuldig in God se oë. Lees nou die volgende aanhaling uit die Encyclopedia Britannica, 15de uitgawe, volume 10, bladsye 1062-3: "Christendom... deur 'n komplekse en geleidelike proses... het die amptelike godsdiens van die [Romeinse] ryk geword.

"Vir 'n tydlank, het munte en ander monumente voortgegaan om Christen leerstellngs te verbind met die leer van son aanbidding, waaraan Konstantyn voorheen verslaaf aan was. Maar selfs toe hierdie fase aan 'n einde gekom het, het Romeinse heidendom voortgegaan om ander, permanente invloede, groot en klein te beoefen... Die kerklike kalender behou talle oorblyfsels van die voor-Christelike feeste, veral Kersfees, wat vermengde elemente insluit van beide die fees van die Saturnalia en die geboortedag van Mithra. Maar, bowenal, is die hoofstroom van die Westerse Christendom antieke Rome verskuldig vir die ferm dissipline wat dit stabiliteit en vorm gegee het."

'n Gesag so betroubaar soos die Encyclopedia Britannica erken in werklikheid, vir enigeen wat bereid is om te sien, dat die Saturnalia en antieke Rome is wat die "dissipline... stabiliteit en vorm" van die Westerse Christendom definieer!

Dit is 'n werklik ongelooflike erkenning!

Die volgende kragtige aanhaling onthul hoe hierdie afgodiese, heidense fees in die "Christen" wêreld ingeglip het. Dit is uit die New Schaff-Herzog Encyclopedia of Religious Knowledge, onder "Kersfeesâ€:

"Hoeveel die datum van die fees gesteun het op die heidense Brumalia (25 Desember) wat volg op die Saturnalia (17-24 Desember), en die viering van die kortste dag van die jaar en die "nuwe sonâ€... kan nie akkuraat bepaal word nie. Die heidense Saturnalia en Brumalia is te diep verskans in die populêre

tradisie om tersyde gestel te word deur die Christelike invloed... Die heidense fees met sy onluste en vrolikheid was so gewild dat Christene bly was vir 'n verskoning om sy viering met min verandering in gees en wyse voort te sit. Christelike predikers van die Weste en die Midde-Ooste het geprotesteer teen die onbehoorlike ligsinnigheid waarmee Christus se verjaarsdag gevier word, terwyl die Christene van Mesopotamië hulle Westerse broers van afgodery en son aanbidding beskuldig het vir die aanneming van hierdie heidense fees as Christelik."

Een addisionele bron onthul hoe die Roomse kerk Kersfees opgeneem het in 'n amptelike viering. Die Encyclopedia Britannica, 1946 uitgawe, sê, "Kersfees was nie onder die vroegste feeste van die kerk nie... Sekere Latyne, so vroeg soos 354, kon die verjaarsdag oorgeplaas het van 6 Januarie na 25 Desember, wat toe 'n Mithraïstiese fees... of verjaarsdag van die onoorwonne SON was... Die Siriërs en Armeniërs, wat vasgeklou het aan Januarie 6, het die Romeine van son aanbidding en afgodery beskuldig, en stry... dat die fees van 25 Desember ingestel is deur leerlinge van Cerinthus... "

Dus, 'n heidense fees, gevier lank voor Christus se geboorte,het sy pad gevind in die erkende Christendom.

Het u geweet dat selfs die sewentiende eeu Puritane van New Engeland verstaan het hoe verkeerd Kersfees is? Hulle het in werklikheid die nakoming daarvan verbied deur wet, in 1659, regdeur die hele Massachusetts Bay Kolonie. Boetes en gevangenisstraf kon die gevolg wees as iemand gevind was om dit te hou. Dit was amper 200 jaar (1856) voordat mense ophou werk het op Kersfees in Boston. Die Puriteine het sy wortels geken en dit gemerk as "heidens, papiste afgodediens."

Diegene Wat "Tye en Wette Verander"

Die profeet Daniël (7:8) praat van 'n "klein horinkie", wat (7:25) "sal woorde spreek teen die Allerhoogste... en probeer om tye en wet te verander." Hierdie klein horinkie is 'n groot godsdienstige gesag wat poog om sy eie siening van datums en feeste, op 'n niksvermoedende wêreld aft e dwing, in die plek van God se duidelike opdrag.

Die Hebreeuse woord vertaal as "verandering" beteken om te "transformeer, verander of opstel." Die woord vir "tye" beteken "aangestelde geleenthede, seisoene of tye." Die Hebreeuse woord "wette" beteken "bevele of wette van God." Wanneer saamgevoeg, verwys hierdie frase na 'n gesag wat poog om "aangestelde geleenthede en seisoene in die wet van God te verander." Sekerlik, Kersfees is 'n goeie voorbeeld van hoe dit gedoen is. God se instruksies is vervang met godsdienstige tradisies van mense.

Die volgende aanhaling onthul hoe dit gebeur het. Dit kom ook van die Encyclopedia Britannica, onder "Christendom": "So, die Paas liturgie is meer hoogs ontwikkeld in die Oos-Ortodokse Kerk, en die Kersfees liturgie meer hoogs ontwikkeld in die Rooms-Katolieke Kerk... Die Christen kalender is die mees wyd verspreide Christelike instelling. Die sewe dag week en die ritme van die Christen feeste is selfs aanvaar deur die meeste van nie-Christen lande. Ten spyte van energieke pogings in die bekendstelling van 'n gly werkweek, kon die sewe-dag week met die werkvrye Sondag nie uitgeskakel word nie, selfs in kommunistiese state met 'n Ateïs wêreld siening. Selfs in Ateïstiese sirkels en organisasies in die wêreld, geniet Christelike vakansiedae 'n onbetwiste gewildheid as werkvrye dae... veral Kersfees." Voorwaar, dit was die "kerklike politici," vroeër na verwys, wat probeer het om die moderne "Christelike" kalender te lê op 'n onkundige wêreld. Dit is hierdie leiers wat "gedink het om tye en wette te verander."

Die Gevaarlike Krag van Leuens

Een van Satan se name is Verwoester (Opb. 9:11). Nimrod / Saturnus / Molog / Baal, soos Satan, is die vuur god wat kindertjies vernietig en verslind. Die ware Jesus Christus was nog nooit in en sal nooit in Kersfees wees nie! Ook kan Hy nie weer teruggeplaas word waarin Hy nog nooit was nie. Maar die "god van hierdie wêreld", Satan (II Kor. 4:4), was nog altyd in Kersfees. In werklikheid, hy word gesien as die outeur daarvan! Die God van die Bybel beveel dat Sy aanbidders" Hom moet aanbid in gees en in waarheid" (Joh. 4:23-24). Dit pas nie in met die groot Kersfees en Sinterklas leuens wat alle kinders so vrywilliglik glo nie.

1 Timótheus 4:2 waarsku van "die geveinsdheid van leuenaars; wat gebrandmerk is in hulle eie gewete." Ouers kan hul eie kinders, tot die punt van verskroeiing "brand", met die Kersfees misleiding en leuens! Daar is geen "veiligheid in getalle" in hierdie wêreld vir diegene wat Kersfees hou nie, want Satan, wat "die vader van alle leuens is" en "'n moordenaar van die begin af" (Joh. 8:44), het "die hele wêreld verlei" (Opb. 12: 9)! Blaai na hierdie vers en lees dit. Erken dan dat Kersfees beslis 'n getuienis van hierdie groot misleiding is.

Maar Christus verwys na Sy Kerk as 'n "klein kuddetjie" (Luk. 12:32). Baie ander verse wys dit. Hierdie kerk het nie die groot getalle van die gerespekteerde, gevestigde handelsmerke van die Christenskap van hierdie wêreld nie. Maar dit gehoorsaam God!

“’n Ander Jesusâ€

Daar is nog 'n probleem met die idee van "om Christus terug te plaas in Kersfees" — en dit is groot! Die "Jesus" wat die fokus van hierdie seisoen is, is NIE die ware Jesus Christus van die Bybel nie! (Ons boek Die Ware Jesus Christus — Onbekend aan die Christendom, openbaar meer oor hierdie onderwerp.) Die meeste is geleer dat daar net een Jesus Christus is. Maar God se Woord praat van 'n vervalsing, en hierdie plaasvervanger Christus is identifiseerbaar in die geskiedenis. Die bewys? Die apostel Paulus het gewaarsku teen 'n "ander Jesus."

Begryp wat hier op die spel is!

Eerstens, oorweeg Paulus se hele inleiding as hy die verhoog opstel vir die waarskuwing wat volg: "Maar ek vrees dat, net soos die slang [Satan] Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus" (II Kor. 11:3).

Nou vir die werklike waarskuwing in die volgende vers: "Want as iemand kom en 'n ANDER JESUS verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang, as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval" (II Kor. 11:4). Die Korinthiërs het voorgekom asof hulle "dit verdra het" sonder veel weerstand.

Paulus, onder inspirasie van die ware Jesus Christus van die Bybel, was beweeg om die gevaar aan te teken van onwetend "'n ander Jesus" te volg. Oorweeg. Die meeste het waarskynlik nooit die idee van 'n vals Jesus oorweeg vir een oomblik nie — dat daar soiets soos 'n verkeerde, verskillende en "vals Christus" is nie (Matt. 24:23-24) — genoem "'n ander Jesus." In die verlede, het hierdie "Jesus" selfs die denke van ware Christene korrup gemaak. Dit is baie duidelik. Maar die "bedrog" van hoe dit kan gebeur, en hoe dit in die geskiedenis plaasgevind het, is so misleidend — so verleidelik — dat selfs ware Christene onwetend kan gly na aanbidding van hierdie sogenaamde Jesus. Dit is wat met die Korinthiërs gebeur het.

Mense kan aanbid op maniere wat dinge voorstel wat ver verskillend is van wat hulle opreg glo of beplan. Bybel "gelowiges" vandag kan dink dat hulle die ware Verlosser aanbid, wanneer hulle in werklikheid 'n vals verlosser aanbid — ‘N ANDER JESUS! Die algehele tradisionele Christendom aanbid in werklikheid vir Nimrod/Saturnus/Molog/Baal. Die moderne moeder/kind "Maria/Jesus" klem, insluitend die eerbiedige verering van Maria deur miljoene, is 'n parallel met Nimrod en sy ma, Semiramis, wat nie gemis kan word nie.

Hier is die punt van wat verduidelik is. Baie praat van "om Christus terug te bring in Kersfees." Dit word elke jaar gehoor van duisende kansels en elders. Maar die ware Christus was nooit daar nie! Net soos 'n persoon nie kan teruggaan in 'n kamer wat hy nooit binne gegaan het nie, kan Jesus Christus nie "teruggeplaas" word in iets waarin Hy nog nooit was nie, en wat Hy in werklikheid haat! (Weereens, sien Markus 7:7). Die Jesus wat hierdie predikers en godsdienstiges in gedagte het is 'n ander Christus, een met 'n ander evangelie, 'n ander gees — die Kersfees Gees! — wat heeltemal verskillende leerstellings en leringe bring. Kan u die verband sien?

Wat Behoort u Te Doen?

Ten slotte, laat ons kyk wat God gesê het Sy mense moet doen en die wyse waarop hulle hul kinders behoort te leer.

Onthou Jeremia 7:31, waar God Israel veroordeel het vir die verbranding van hul kinders in die Vallei van Tofet. Agt verse vroeër (vers 23-24), het God duidelik gemaak wat Hy vereis: "Maar hierdie saak het Ek hulle beveel naamlik: Luister na My stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees: en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan. Maar hulle het nie geluister... maar gewandel... in die verharding van hul bose hart... "

Mense wil nie God gehoorsaam nie (Rom. 8:7). Hulle sou eerder hul eie "verbeelding" volg. Hulle verstaan nie dat God wil hê dat hulle lewens "goed" moet gaan nie. Hy wil hê dat blydskap, vreugde en seëninge moet vloei in mense se lewens. Hierdie alles is die resultate van om Hom te gehoorsaam.

God het Moses geïnspireer om ouers van die ernstige verantwoordelikheid te waarsku wat hulle het in wat en hoe hulle hul kinders leer. Let op sy onderrig in Deuteronómium 6:1, 6-7, 20-21, 25: "Dit is dan die gebod... wat die HERE jou God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem... En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees: en jy moet dit jou kinders inskerp, en daaroor spreek wanneer jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan... En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het? Dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei... En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God, soos Hy ons beveel het."

God het Israel uit Egipte geneem — uit slawerny — uit die gebruike van die wêreld rondom hulle en Sy Wet aan hulle geopenbaar. Hy wil nie hê dat Sy volk moet teruggaan na die tradisies, gebruike en maniere waaruit Hy hulle geroep het nie.

Wanneer al die onderling verbinde tradisies, gevul met die simboliek van aanbidding van 'n heidense, mensbedinkte god, geleer word, is dit nie aanbidding van die ware Skepper nie.

Ons Het Nie Geweet dat Kersfees van Babilon Is Nie

Jesus het twee keer gesê, in Matthéüs 7:16 en 20, dat "aan hulle vrugte sal julle hulle ken." Alles wat mense sê of doen, goed of sleg, het vrugte. Die vrugte van Kersfees is verskriklik. Kersfees gaan oor die weg van die self — en suiwer kommersialisme. Hierdie seisoen lei die hele jaar in owerspel, eensaamheid, jaloesie, dronkenskap en dronkbestuur, familie argumente (en erger), en opeenhoping van skuld wat dikwels tot Maart duur. Hierdie probleem is so betekenisvol dat byna al die kerke rapporteer dat hul inkomste daal gedurende hierdie tydperk as mense van al hul besteding "herstel"! Hoe ironies.

Die Ware "Kersfees Gees"

Die profeet Jesaja is geïnspireer om te skryf: "Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos 'n basuin. En verkondig aan My volk hulle oortreding" (58:1). Ek het dit gedoen. Noudat u die EENVOUDIGE WAARHEID oor die ware oorsprong van Kersfees gelees het, wat sal u doen?

Die volgende aanhaling kom uit die boekie The Plain Truth About Christmas, deur Herbert W. Armstrong. Dit som die boekie op wat u sopas gelees het:

"Kersfees het 'n kommersiële seisoen geword. Dit is geborg, lewend gehou, deur die swaarste kleinhandel veldtogte van die jaar. U sien 'n vermomde “Kersvader†in baie winkels. Advertensies hou ons mislei en bedrieg oor “die pragtige gees van Kersfees." Die koerante, wat die advertensies verkoop, druk geblomde redaksionele verhefde advertensies vol van lof vir die heidense seisoen, en sy "gees." Liggelowige mense het so geindoktrineerd geraak, dat baie aanstoot neem wanneer hulle die waarheid vertel word. Maar die “Kersfees gees†word elke jaar geskep, nie om Christus te eer nie, maar om goedere te verkoop! Soos al Satan se misleidings, blyk dit as 'n “engel van die lig," en word gemaak om goed te vertoon. Biljoene dollars word bestee aan hierdie kommersiële aktiwiteite elke jaar, terwyl die saak van Christus moet ly! Dit is deel van die ekonomiese stelsel van Babilon!

"Ons bely om Christen nasies te wees, maar ons is in Babilon, soos die Bybel profesie voorspel, en ons weet dit nie! "Gaan uit haar uit, My volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie — nou spoedig op hande — is die waarskuwing van Openbaring 18:4 [klem myne]. “Hierdie jaar, in plaas van geskenke-uitruiling, waarom nie daardie geld in God se Werk plaas nie?"

U mag verkies om die volgende te lees: